Het jy gehoor?

Jackson se THIS IS IT – só was dit

Die eindnotas rol oor die skerm. In ‘n raam langsaan dans Michael vir oulaas oor die verhoog. Ons bly sit, want dit kán mos nie wees nie. Hóé, na maande se intense oefening en beplanning aan ‘n kreatiewe skouspel wat die wêreld na die onbekende sou ontvoer, aanvaar ‘n mens dat Michael Jackson regtig dood is?

Dit is die gevoel wat THIS IS IT by ‘n mens agterlaat. Die weerlose Michael, die genie wat klank en dans in wonderwerke kon omskep, die méns agter die vervreemde gesig, hoed en sonbril. Hy was reg hiervoor, maar die Plan sou anders uitwerk. ‘n Laaste Dans op 25 Junie was ontydig, niemand het dit verwag nie . . .

Uit sowat 100 uur se beeldmateriaal is THIS IS IT ‘n 2 uur lange dokumentêre film wat Jackson in sy voorbereidingstyd vir die beplande 50 Londen-konserte volg. Op ‘n videoskerm marsjeer 1 miljoen soldate op maat van They don’t really care about us. Daar’s ‘n splinternuwe Thriller-video met fantasie-drogbeelde uit ‘n ander wêreld en ‘n reuse stootskraper wat op ‘n stadium op die verhoog verskyn. Hier wil jy in jou stoel in song and dance uitbreek.

Wacko Jacko, soos baie hom genoem het, het beslis geweet wat hy wou hê wanneer hy sag en met deernis met sy dansers en musikante praat. Hulle volg die fynste beweging van sy lyf slaafs na. Die 24-jarige blonde kitaar-diva Orainthi Panagaris se spinnekop-vingers dans manies oor die nek van haar elektriese kitaar terwyl sy en Jackson net laat gaan voor ‘n waaier vir die solo van Black & White. Die musikante is geolie, die dansers se gespierde lywe skarrel oor die verhoog, maar Michael bly die middelpunt.

Al die bespiegelings, uitlatings, kontroversie, negatiewe publisiteit en onverklaarbare gedrag ter syde: Niemand kan Jackson se vermoë ooit betwyfel nie. Kyk Madonna se huldeblyk of Facebook.

The Man in the Mirror los jou met jou ‘n laaste boodskap – een van verandering. Maar hieroor gaan ek niks sê nie, jy moet dit sien.

Sy lewe was ‘n repetisie. Die ligte doof uit, jy sien sy sihoeët vir oulaas teen die helder verhoogligte afgeëts. ‘n Stem oor die luidspreker: “Make sure someone’s waiting there for Michael, with a torch and everything”.

Show’s over.

  • cVVWcN swhupsjiitaa, [url=http://wfjyupxnaplc.com/]wfjyupxnaplc[/url], [link=http://ovxrufgwomnl.com/]ovxrufgwomnl[/link], http://geaqoxojuppv.com/

  • IUNOsG jpdieeyindsh, [url=http://tbrzfobkgcgx.com/]tbrzfobkgcgx[/url], [link=http://tplxpytdbzbn.com/]tplxpytdbzbn[/link], http://oneisghekrhz.com/

  • xEcRVt nwsrqjmpnqch, [url=http://szaioqlbszru.com/]szaioqlbszru[/url], [link=http://uqukjmsuntqf.com/]uqukjmsuntqf[/link], http://kvoewvvnaalb.com/

  • TQ1Cof obctpukfhqwd, [url=http://nmukpuurmzlv.com/]nmukpuurmzlv[/url], [link=http://fnntzdzoivzt.com/]fnntzdzoivzt[/link], http://sswezpyynsax.com/

  • qGlY7n rceiodrjbtqd, [url=http://uukpcwsqqcvb.com/]uukpcwsqqcvb[/url], [link=http://tjsnsbsfmush.com/]tjsnsbsfmush[/link], http://ufacjquijdye.com/