Heinz Winckler en sy drie seuns. Van links is Lian (5), Reuben (1) en Simeon (3) 
FOTO: Willem Lourens
STILERING: Danny Toüa

Heinz Winckler en sy drie seuns. Van links is Lian (5), Reuben (1) en Simeon (3) FOTO: Willem Lourens STILERING: Danny Toüa

Het jy gehoor?

Vadersdag 2015: Jak de Priester, Joshua na die Reën en Heinz Winckler gesels oor pa-wees

Die dag wanneer jy pa word, lyk en klink die lewe anders. Drie sangers vertel hoe hul kroos hul lewe met nuwe musiek, hoop en liefde vul.

Níks klink so mooi soos wanneer jou kind jou “pa” noem nie. Die sangers Jak de Priester, Joshua na die Reën en Heinz Winckler beaam dit.

Hulle raak skoon week as jy net hul kinders se name noem.

“Ek het nie besef ek het soveel liefde in my nie. Ná elke kind – Lian (5), Simeon (3) en toe weer Reuben (1) – is daar plek vir nóg een,” vertel Heinz, wat saam met sy vrou Aletté, ’n stylkonsultant, op Somerset-Wes woon.

Sedert Jak pa geword het van Jamie (5) en Mija (4), beleef hy alles meer intens. “Ek moes wel besef ek kan nie die res van die wêreld se probleme oplos nie. Maar ek kán die wonderlikste lewe op aarde vir dié twee skep. Ek en my vrou, Michelle [sy help met sy administrasie], sien ook vreeslik uit na die nuwe boetie wat in Julie sy opwagting maak.” Die gesin woon in Pretoria.

Pa-wees is nog baie nuut vir Pretorianer Joshua na die Reën. “Ek het daardie eerste keer [op 11 November, haar geboortedag] in Anán se ogies gekyk
en besef sy vertrou my en my vrou, Danél [spraakterapeut en oudioloog], onvoorwaardelik en dié wete verander jou lewe onherroeplik.”

Een ding is seker: ál drie pa’s sing lofliedere oor hul kinders …

Klik op die foto’s om meer te lees

Jak de Priester by Mija (links) en Jamie FOTO: Phyllis Green STILERING: Fanie Cronjé

Jak de Priester by Mija (links) en Jamie
FOTO: Phyllis Green
STILERING: Fanie Cronjé

“Als gaan oor liefde” – Jak de Priester

Joshua na die Reen

Joshua na die Reën en Anán FOTO: Willem Lourens STILERING: Danny Toüa

“Ons het min antwoorde, maar baie vrae” – Joshua na die reën

Heinz Winckler en sy drie seuns. Van links is Lian (5), Reuben (1) en Simeon (3)  FOTO: Willem Lourens STILERING: Danny Toüa

Heinz Winckler en sy drie seuns. Van links is Lian (5), Reuben (1) en Simeon (3)
FOTO: Willem Lourens
STILERING: Danny Toüa

Heinz Winckler: ‘Ouerskap is ’n groot seën’