ys4f3769
Het jy gehoor?

Jak de Priester se woema vir die winter

Suid-Afrika se matige winters beteken ons kan nie regtig die Europese modes geniet nie – en ek smag daarna.

Dit laat my diep en poëties voel wanneer die blare se kleure in die herfs verander. En ja, partykeer ook ’n klein bietjie depressief. Maar ek is gelukkig en knus wanneer die kaggel brand, soms vroeg in die oggend reeds.

’n Mens moet jouself inrig vir die winter. Jou huis moet reggeruk word, amper soos met Kerstyd!

Slaap is ook soveel lekkerder in die winter. Jy sweet nie, selfs nie eens as jy vry nie! Ja, dis moeiliker om op te staan, daarom moet jy belê in ’n goeie paar pantoffels en ’n lekker dik kamerjas.

Ek pantser my teen verkoue en griep met ’n serp en aanvullings teen infeksies (vra jou apteker). Met die eerste teken van ’n krapperige keel, drink ek ’n dubbele dosis daarvan en ook ’n vitamien C-bruistablet.

In ons land is die winter kort, daarom moet ’n mens die beste daarvan maak. Daar is net drie maande waarin jy al dié snoesige dinge kan doen.

Dit laat my gees en vlees goed voel.