FOTO:  Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Jamie Dornan word weer pa

Die 50 Shades of Grey-akteur Jamie Dornan en sy vrou, Amelia, verwag hul tweede kind, berig Hello!.

Die paartjie het reeds ’n 2-jarige dogter, Dulcie. Jamie het voorheen in ’n onderhoud gesê hy is nou meer verlief op Amelia as aan die begin van hul verhouding. Hulle is in 2012 getroud.

Jamie het bekendheid verwerf toe hy die rol van Christian Grey, in die fliek van die gelyknamige trilogie deur E.L. James, vertolk het. Die boeke, met veelbesproke sekstonele, het sedert 2011 wêreldwyd rekordverkope behaal.

Jamie sal weer in die tweede fliek, 50 Shades Darker wat in 2017 uitgereik word, te sien wees.

Lees ook