FOTO Instagram / @katieholmes

FOTO Instagram / @katieholmes

Het jy gehoor?

Jamie Foxx en Katie Holmes nou ’n paartjie!

Die aktrise Katie Holmes en sanger-akteur Jamie Foxx is toe wraggies ’n paartjie.

Sedert 2013 het die kuberruim gewonder of hulle meer as net vriende was. En in Januarie vanjaar is Katie gevang met ’n ring aan haar verloofvinger.

Maar gister kon E! News dié nuus amptelik bevestig.

Claudia Jordan van The Real Housewives of Atlanta-faam, het op die podcast Allegedly with Theo Von & Matthew Cole Weiss gesê Jamie is vreeslik gelukkig met Katie in sy lewe. Claudia en Jamie is goeie vriende.

Hoewel die paartjie nog niks bevestig het nie, het hulle al voorheen erken dat hulle goeie vriende is.

Katie was met die akteur Tom Cruise getroud, maar het in 2012 ná ses jaar geskei. Die paartjie het net een dogter, Suri, saam.

Jamie het twee dogters Corinne (foto hieronder, 18) en Annalise (4), maar weier om die name van hul onderskeidelike ma’s bekend te maak.

Lees nou

Audrey Hepburn se geheime sien die lig

Deure van Diana en Coco Chanel se Ritz-hotel weer oop