FOTO Instagram @jamieoliver

FOTO Instagram @jamieoliver

Het jy gehoor?

Jamie Oliver gee uiteindelik sy jongste naam, en dit is …

Die oomblik waarvoor die kulinêre wêreld al vir weke wag, is uiteindelik hier! Die Britse supersjef Jamie Oliver en sy vrou, Jools, se nuweling het ’n naam gekry: River Rocket. 

Jools het die naam bekend gemaak op haar sosiale media toe sy dié foto gedeel het met die woorde “Dream Big River”.

A photo posted by Jools Oliver (@joolsoliver) on

Die naam klink dalk vir jou ongewoon, maar in dié “kaal sjef” se huishouding pas River Rocket al te goed. Sy sibbe se name is Buddy Bear Maurice (5), Poppy Honey Rosie (14), Daisy Boo Pamela (12) en Petal Blossom Rainbow (6).

River Rocket is 2 weke gelede gebore. 

A photo posted by Jamie Oliver (@jamieoliver) on

 

Hier is nóg ongewone name van celeb-kinders

Apple Martin (Gwyneth Paltrow en Chris Martin se dogter)

Bronx Mowgli Wentz (Ashlee Simpson en Pete Wentz se seun)

Blu Ivy Carter (Beyoncé en Jay Z se dogter)

A photo posted by Beyoncé (@beyonce) on

Harper Seven Beckham (David Beckham en Victoria Beckham se dogter)

 Lees nou

Fanie toets: Drup-behandeling

Kyk wat het dié atlete gedoen

Jamie Oliver word wéér pa