FOTO Instagram @jamieoliver

FOTO Instagram @jamieoliver

Het jy gehoor?

Jamie Oliver se baba-dilemma

Die supersjef Jamie Oliver en sy vrou, Jools, het die afgelope vyf weke ’n groot verandering beleef. Die paartjie se vyfde kind, River Rocket, is op 8 Augustus gebore, maar nou het Jamie gebieg dat hulle ’n nagverpleegster moes aanstel vir die kleinding. 

Jamie het aan BBC vertel dat die afgelope vyf weke ontsaglik moeilik was. “Met te min slaap raak selfs die wonderlikste mense onredelik. Dis regtig moeilik, ongeag of dit jou eerste of vyfde is.”

Die egpaar het twee tieners, ’n 7-jarige, ’n 6-jarige en nóú ’n vyf weke oue baba. “Dié keer het ons dit moeilik. Vir die eerste keer in my lewe moes ons ’n nagverpleegster aanstel.”

Jamie is ook dikwels 15 uur per dag besig met verfilming, berig The Telegraph.

Baking with little Buddy over on @JamiesFoodTube .that look , like butter wouldn’t melt xx JO x

A photo posted by Jamie Oliver (@jamieoliver) on

Feit of fiksie? Pa’s kry ook nageboorte-depressie

’n Vrou se risiko vir depressie vergroot tydens en ná swangerskap. Maar wat van die nuwe pa? Sy liggaam gaan nie deur dieselfde biologiese veranderinge as ’n vrou s’n nie, maar dit maak hom nie immuun nie.

’n Groot Amerikaanse studie met 25-jarige mans wat die eerste keer pa word, het bevind PPPD neem met 68% toe in die kind se eerste vyf jaar – as hulle in dieselfde huis woon.

Het jou man dalk postpartum-depressie? Hier’s ’n paar tekens:

– Hy werk harder weens die druk van groter finansiële verantwoordelikheid.

– Vermy die huis en bly langer by die werk, waar hy meer beheer oor sy omgewing het.

– Voel oorweldig deur ’n moeë vrou en knieserige baba.

– Kan hom na drank en pille wend om sy simptome te hanteer.

– Voel hy doen sy bes, maar dit word nie waardeer nie.

Die bogenoemde inligting is bekom deur Lydia van der Merwe en verkry uit SARIE se Junie 2016-uitgawe. Koop dié uitgawe hier.

Junie nuwe prys

Lees nou

Postnatale depressie: Die tekens

Oorgewig en depressief – toe vind sy joga

Ongelukkig? Doen die 3 dinge …