Het jy gehoor?

Jan Blohm gaan pa word!

Lydia Winchester, ’n vriendin van die egpaar, het pas bevestig dat Zinta agt weke swanger is. Jan toer op die oomblik in die Kaap.

In die Januarie-uitgawe van SARIE – haar eerste onderhoud met die pers – verklap sy dat sy en Jan (George Kymdell) graag ouers wil word. Dít ondanks ‘n baie stormagtige eerste huweliksjaar . . .

Dis nou al jare dat Jan, bekende bluesrock-sanger, omstrede is oor sy alkohol- en dwelmmisbruik, 
en oor voorvalle waar hy dronk op 
die verhoog is, in die openbaar, of in 
’n muur vasry…

Hul verhouding was stormagtig, “maar dit is vir my maklik om George te vergewe. Hy het eenvoudig daardie invloed op my.”

“Maar hy gaan dié keer regkom,” sê sy. “Hierdie keer gaan ons harder as ooit probeer.”

Nou wil sy haar van al die omstredenheid distansieer en op 
haar huwelik en George se helingsproses konsentreer.

Sy vertel vroeër in die onderhoud: “Ons grootste droom is om kinders te hê. Dit is wat hom nou die hardste aanspoor om sy lewe reg te ruk. Hy probeer sy bes. En my hoop vir die toekoms? Dat ons as ’n gelukkige gesin ’n normale lewe kan hê.”

* Lees die volle onderhoud met Zinta in die Januarie 2012-uitgawe, vanaf Maandag 12 Desember 2011 op straat.

  • Wilma

    Nee regtig waar as jy stupid is dan is jy nou maar stupid !!

  • Antoinette

    Ek is nogal verbaas mense wie kommentaar lewer kan nie eers 100% afrikaans skryf (praat) nie. Die Afrikaanse woord vir "stupid" is dom.
    Ek dink ook mense moet eerder nie ander oordeel nie!
    Jan Blohm is een van my gunsteling kunstenaars! Ek se baie geluk en sterkte! 🙂

  • Marietjie

    Mense in glashuise moet nie klippe gooi nie…

  • Karin

    Ek dink ‘n klein Johnny K sal vir groot George net die regte medisyne wees.

  • Terry-Ann

    ‘n Baba verander nie ‘n persoon nie. Die persoon verander homself. ‘n Baba "lap" nie ‘n huwelik nie. ‘n Huwelik werk, of hy werk nie. Dit is so maklik of moeilik soos dit.

  • Zuz

    sterkte, dit is geen grap om aan n huwelik te werk en ook nog na n baba om te sien en kinders groot te maak nie

  • Sandy

    Jan was ‘n paar dae gelede in Stellenbosch SO gesuip dat sy konsert na 4 liedjies stopgesit is. Dit is dalk nou tyd dat hy self grootword in belang van sy kind. As hy nie oppas nie is sy kind dalk voor hom volwasse.

  • Lana

    Is hy nie eerder Jurie Kymdell nie??

  • Marlene

    ek het erens gelees Jan se regte naam is Jurie? waar kom George nou vandaan. maar baie geluk , ek is bly , Jan Blohm is my gunsteling sanger en ek sal bly wees as Zinta en die baba sy lewe kan omkeer.
    Twee is beter as een…..
    Marlene

  • Annie

    Dis verstommend dat verantwoordelike mense so onverantwoordelik optree. Geen kind het nog ooit ‘n huwelik gered of ‘n persoon verander nie. Die arme arme kind!! En ja ek gooi klippe want as jy jou "persoonlike" lewe aan die publiek verkoop dan moet jy maar pa staan vir die klippe wat gegooi gaan word na jou toe.

  • amanda ferreira

    My seun was ‘n dwelmverslaafde vir 13 jaar en is Mei maand oorlede aan ‘n oordosis. Hy was 34 jaar oud. Al wat ek wil se hy het ook hoeveel keer probeer en elke keer teruggeval. Die wilskrag en begeertes is daar, maar die cravings vir jou verslawing was so oorheersend en as jy nie die wilskrag en ek bedoel WILSKRAG het om daarteen te veg nie en om aanhou te veg nie, gaan jy nie skoonkom nie. Hy het twee pragtige dogters en dit het hom nie gehelp om op te hou nie. Hulle het nie bestaan nie want sy fokus punt was net om hoe sy volgende fix in die hande te kry. Nie jou vrou, kind, ma, pa of enige iemand is belangrik nie. Moet net onthou daardie groot olifant wat op sy skouers sit wil kos he en hy moet kos kry. So baie baie sterkte vir sy vrou en vir daardie babatjie wat oppad is. Ek weet as ma wat ons deurgemaak het en watse stryd hy gevoer het. Die vyf maande wat hy skoon was voor hy dood is moes uiters hel vir hom gewees het om skoon te kon gebly het, maar op die ou einde het die verslawing gewen of sal ek se die duiwel.

  • Naomi

    Ai Zinta, ek bid jou sterkte toe, jy gaan dit nodig hê!

  • Terry-Ann

    @Amanda, vrou, ware woorde en ek kan sien dit is met jou hart geskryf. Ek kan nie glo dat Zinta die hoop uitspreek dat die baba Jan sal beter maak nie! Beter? Nooit, ooit. As ek so na Amanda se vertelling luister kry ek sommer koue rillings. Arme, arme kind! Neem asb verantwoordelikheid vir hierdie baba en maak hom/haar groot in ‘n liefdevolle huis sonder enige drank of dwelms. Jan tree dronk op NADAT hy hoor hy gaan pa word, maar hy gaan die "euwel" wen? Jislaaik, 100% aan probeer vir jou Jan. Well done! Zinta, gebruik jou verstand en los Jan om na homself om te sien. Hy is mooi groot. Vat jou baba en maak ‘n huisie vir hom. Vat of los die raad van my – ek het in ‘n huis grootgeword waar drankmisbruik ons verskeur het. Jy sien hoe Jan is, dit is hoe hy nou is en hoe hy gaan wees. Vernietig homself en almal om hom. Sterkte aan jou – jy GAAN dit beslis nodig kry!!

  • esme

    met God is enige iets moontlik leer net om alles aan Hom oor te laat Hy kan mense verander laat Hom inkom wens julle die beste toe God het elkeen lief

  • esme

    met God is enige iets moontlik leer net om alles aan Hom oor te laat Hy kan mense verander laat Hom inkom wens julle die beste toe God het elkeen lief

  • esme

    met God is enige iets moontlik leer net om alles aan Hom oor te laat Hy kan mense verander laat Hom inkom wens julle die beste toe God het elkeen lief

  • Magriet Meiring

    Jan Blom is totaal onbekend vir my, maar sy musiek getuig van groot kuns wat uit homself kom. Wat sy en vroutjie se probleme betref, wil ek hulle sterkte toewens, niks kan mos nie GESOND word nie. Ek verstom my dat mense so kan klippe gooi!!!! Hy moet nou saamwerk met sy doktors en vroutjie, sy moet sterk staan en voila….wonderwerke gebeur nog! LIEFDE LIEFDE LIEFDE !!!

  • Wilna

    Baie geluk julle, ek dink Jan het so iets nodig……… ek hou van sy musiek, en ja gee almal n regverdige kans. Sterkte en Voorspoed julle 2

  • Jeannette Vermeulen

    Wie gooi die eerste klip? Gee Jan ‘n kans hy kan julle wat so vinger wys verkeerde bewys.
    Sterkte aan Jan en Zinta ek vertrou die probleem sal opgelos word, Wees positief.

  • Kat

    Dink dis bietjie tyd dat toekomstige pappa Kymdell sy "Jan Blohm" alias agterlaat. Ten minste tot hy sy lewe in orde het. Al hoe hy sal herstel is om alle geleenthede vir temptasie totaal uit te skakel -die temptasie wat ‘n natuurlike deel van die rol van "performer" vorm. Teen die tyd behoort George te weet dat hy nie die wildskrag het om ‘nee’ te se nie. Dis niks om oor skaam te wees nie.

    Al is musiek jou huidige passie hoop ek dat jou vrou en kind jou nuwe passie en eerste prioriteit word. Hou an musiekmaak. Maar blyweg van optredes, want dis waar jy droogmaak. Bly weg van plekke waar drank bedien word. Bly weg van plekke waar dwelms beskikbaar is. Tyd om groot te word. Jy’t ‘n swakheid, maak vrede daarmee. Is die wereld teen jou? Of is dit jy wat teen die wereld is?

    Jy en Zinta gan awesome ouers wees. Just stay sober.