swanger_foto_verskaf
Het jy gehoor?

Jana Cilliers word ouma – Geluk!

Regardt, die bekende regisseur, vertel dat Lika nie soos beplan ’n watergeboorte gehad het nie. “Na 5 ure in die bad het hulle hospitaal toe gegaan waar Lika normaal geboorte gegee het.

“Lika is baie trots dat sy normaal gekraam het,” vertel hy. Hugo Xavier het 4,1 kg geweeg by geboorte en is blakend gesond. “Lika voel ‘n bietjie uitgemergel na die kraamproses, maar verder gaan alles baie goed met Ma en baba.”

Koop die Somer 2011-uitgawe van SARIE GESOND waarin Lika meer vertel van haar swangerskap en haar bekende familie.

  • Joretha Meyer

    Baie Geluk julle! Mag daai mensie net ‘n wonderlike seen wees vir almal!!! Altyd lekker om te hoor van nuwe lewe wat gebore word dit soo spesiaal en genade gawe!

  • Marie Smit

    Baie geluk Lika & Clyde met die geboorte van julle eersteling!! Mag Hugo Xavier vir julle net vreugde bring!!!

  • Veronica Taljaard

    Hugo gaan seker net so mooi soos sy mamma en ouma en natuurlik sy oumagroot wees. Vroue met styl. Geniet homxxx

  • Elzanne

    Soos met enige geboorte net dankbaar dat alles (alhoewel nie heeltemal volgens plan, klink dit) uitgewerk het! Geluk aan elk van julle met ‘n nuwe titel!