FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Jana Strydom gesels oor haar gunsteling-sepies

Sy is bekend vir ernstige rolle in TV-reekse soos Erfsondes en Swartwater. Maar nou skep sy eers asem in hul nuwe Kaapse huis, weg van Johannesburg se ‘gekke pas’.

Jana Strydom is ons voorbladgesig vir ons Desember-uitgawe.

In dié kort uittreksel gesels sy al die sepies waarin sy al gespeel het. Lees die volledige onderhoud in die Desember-uitgawe van SARIE.

SARIE-joernalis Marguerite van Wyk:

Jy het omtrent in elke Suid- Afrikaanse sepie gespeel, geniet jy dié medium?

Jana:

Egoli sal altyd ’n spesiale plek in my lewe hê. Dit was my eerste televisierol en wát ’n geoliede masjien. Die karakter Helena Moolman in 7de Laan op SABC2 was ’n goeie ondervinding. Die Laan is so ’n over the top, kleurryke en gelukkige genre van seep.

Toe ek Nina Strauss vertolk het in Villa Rosa op kykNET, was ek swanger met Ohan. Ek is heeltyd in tonele ingeskryf waar my boepie agter goed weggesteek is. Die vervaardigers het my baie tegemoet gekom.

Dr. Lisa du Toit, die arts van Dokters Sonder Grense in Binnelanders op M-Net, was een van my vervullendste sepie-karakters. Sy was so lewensgetrou. Dié reeks het baie relevante temas.

Om in ’n sepie te speel is harde werk, dit maak jou woordfiks en verg baie dissipline. Jy doen ook hope kamera-ondervinding op, want jy speel byna daagliks toneel. Die lekkerte is dat jy ’n konstante inkomste verdien en ontsaglik baie van die tegniese aspekte van televisie kan leer, mits jy jou oë en ore oophou.

Dit is wel baie frustrerend omdat jy nooit iets kan beplan nie en soms lang rukke net rondsit tussen tonele.

Watter een was jou gunsteling-sepiekarakter wat Jana vertolk het?

A: Marcelle in Egoli

B: Helena in 7de Laan

C: Nina in Villa Rosa

D: Dr. Lisa in Binnelanders

Laat jou antwoord hieronder in die kommentaar-boksie hoor of deel dit op Facebook of Twitter.

DES desember 2015 jana strydom