FOTO: Facebook Jane Seymour

FOTO: Facebook Jane Seymour

Het jy gehoor?

Jane Seymour finaliseer egskeiding ná 22 jaar se getroude lewe

Die akteurspaar Jane Seymor en James Keach het hul egskeiding gefinaliseer ná 22 jaar van getroude lewe, berig People

Hulle het reeds in 2013 aansoek gedoen om te skei, maar het nou eers hul bates verdeel.

Die 64-jarige rooikop-aktrise kry die huise in Malibu en Engeland. Sy sal ook $132 000 (meer as R1,9 miljoen) ontvang vir bofbal-seisoenkaartjies vir die LA Dodgers.

Toekomstige inkomste van Jane se program Dr Quinn, Medicine Woman en die Johnny Cash-fliek, Walk The Line, waarvan James die regisseur was, sal 50/50 tussen hulle verdeel word.

Jane and James is in 1993 getroud. Hul tweelingseuns is 20 jaar oud.

Sy het al drie keer tevore die paadjie kansel toe gestap: Michael Attenborough (1971-1973), Geoffrey Planer (1977 -1978) en David Flynn (1981-1992). Sy en David het twee kinders saam, Katherine (32) en Sean (30).

Jane laat duidelik nie gras onder haar voete groei nie en het reeds nuwe liefde in die arms van die Britse regisseur David Green (66) gevind.

Bronne: Hello! en People

Lees ook

ZZZ

Lees meer hier!