rs_634x859-140102082738-634.Close-Magazine-Jane-Seymour-Bikini.jl.010213
Het jy gehoor?

Jane Seymour se bikini-lyf op 62 – só doen sy dit

Aktrise Jane Seymour (62) het pas in ‘n bikini op die voorblad van Closer Weekly verskyn, en dit is nie iets wat ‘n mens elke dag sien nie… Só berig Eonline.com

In die onderhoud beweer sy dat sy nie klimtol-diëte doen, eetstakings hou of uitmergelende oefening doen om dié lyf te behou nie. Sy wil bloot so gesond as moontlik bly.

“Ek lyk nou selfs beter as wat ek gelyk het toe ek die James Bond-film, Live en Let Die, in 1973 gedoen het. Sy oefen vir ‘n uur 3 dae per week. In dié sessies doen sy spinfiets-sessies, oefen met ligte gewigte en Gyrotonics, ‘n masjien wat strek- en krag-oefeninge kombineer.

Sy glo in porsiebeheer in plaas daarvan om op lekker kos uit te mis: “Wanneer ek graag iets lekker soos pasta wil eet, eet ek net ‘n halwe porsie.”

“Ek drink ook baie water, en my vel lyk op sy beste wanneer ek genoeg slaap kry,” vertel sy. “Maar ek voel op my mooiste wanneer ek my kleinkinders vashou en tyd spandeer saam met mense vir wie ek lief is.”