Foto: Instagram/ @Janet Jackson

Foto: Instagram/ @Janet Jackson

Het jy gehoor?

Janet Jackson swanger op 49

Op 49, twee weke voor haar 50ste verjaarsdag, is die sanger Janet Jackson swanger.

Die nuus van Janet se swangerskap is deur bronne aan ET Entertainment sowel as E! News bevestigDit sal haar eerste kind wees.

Janet is in 2012 met die magnaat Wissam Al Mana (41) getroud. Dis Janet se derde huwelik. Sy het in April vanjaar aangekondig dat sy haar wêreldtoer gaan uitstel, juis oor sy en Wissam met ’n gesin wil begin.

FOTO: Instagram / @janetjackson

FOTO: Instagram / @janetjackson

Sy het nog nie self die swangerskap bevestig nie.

Ander glanssterre wat op 40-plus swanger was

Eva Mendes
Op 42 is sy swanger met haar en die akteur Ryan Gosling se tweede kind.

 

Gwen Stefani
Op 43 het Gwen swanger geraak met haar en haar eksman, Gavin Rossdale, se derde kind, Apollo.

 

Halle Berry
Op 46 het Halle haar tweede kind, Maceo, verwelkom.

 

Kelly Preston
In 2010 is Kelly en haar man, John Travolto, se derde kind gebore. Sy was toe 48 jaar oud.

 

Tina Fey
Op 41 het dié komediant in 2011 haar tweede dogter verwelkom.

 

Celine Dion
In 2010 het die Grammy-wenner op 42 ’n tweeling in die wêreld gebring.

20160429_VGB Tag

Lees nou

Natalie Portman se man ster van dokumentêr

Diaan tot Milan: Moederskap in beeld

Kerry Washington is swanger