FOTO: Instagram (@janez_vermeiren)

FOTO: Instagram (@janez_vermeiren)

Het jy gehoor?

Janez Vermeiren groet Top Billing PLUS hy praat oor babaname

Top Billing se Janez Vermeiren droom lankal daarvan om self TV-programme te vervaardig. Nou, kort voor sy tweede seun se geboorte, word dié droom waar!

Die ster se Brasiliaanse meisie, Juliana Vasconcelos, verwag die paartjie se eerste kind in die begin van Augustus. “Maar sy wil natuurlik geboorte gee, so dit kan nou enige dag gebeur,” deel hy. “Dis baie opwindend.”

Die paartjie het aanvanklik oorweeg om hul seun die Brasiliaanse naam Cuaun te gee, maar het intussen van plan verander. “Ons gaan dalk nou eerder vir ’n Duitse naam,” spot hy oor Duitsland se oorwinning van 7 – 1 teen Brasilië gisteraand.

Janez en sy swanger meisie, Juliana Vasconcelos, op die strand FOTO: Instagram (@janez_vermeiren)

Janez en sy swanger meisie, Juliana Vasconcelos, op die strand
FOTO: Instagram (@janez_vermeiren)

“Ons is bang mense sukkel om dit te spel en uit te spreek,” het hy vroeër vanjaar op ’n meer ernstige noot aan SARIE.com vertel. Dié dat daar nou ander name op hul lysie is.

“Daar is ’n hele paar name, maar ons hou veral van Benjamin en Lucas.”

Dié baba sal Janez se tweede seun wees. Sy eersteling, Matisse, is al 9 jaar oud.

Janez kies ’n cheeky loopbaan

Dié ster, bekend vir sy werk as aanbieder vir Top Billing, maak nou klaar by die program om sy produksiemaatskappy, CheekyMedia, te bestuur. Hy het dié maatskappy saam met twee vennote begin en hulle werk reeds aan vier nuwe programme vir die SABC.

“Ek doen dié vir myself. Ek wou dit nog altyd doen en dit help my om nóg te groei,” het hy gesê oor sy besluit om Top Billing te verlaat.

Top Billing se Janez Vermeiren en die supermodel Giselle Bündchen FOTO: Instagram (@janez_vermeiren)

Top Billing se Janez Vermeiren en die supermodel Giselle Bündchen
FOTO: Instagram (@janez_vermeiren)

Die vier programme waaraan CheekyMedia werk, is Tongue in Cheek (’n program soortgelyk aan The Talk in Amerika); nóg ’n geselsprogram met ’n komiese aanslag; ’n program oor avontuur en reis; en The Man Cave, wat vanaf 6 Augustus uitgesaai word.

“Dis ’n program vir mans, maar ek dink albei geslagte sal daarby aanklank vind – ons praat oor karre, tegnologie, fiksheid, eetgewoontes, gee wenke oor hoe om aan te trek en dan het ons ook elke week ’n sportster en ’n suksesvolle vrouester wat by ons kuier,” vertel hy oor dié program.

Boonop bou die span ’n ware man cave om die program in aan te bied!

“Jy kan dit vergelyk met die tydskrif GQ, maar dis in TV-formaat,” verduidelik Janez, wat self dié program gaan aanbied saam met akteur en model Lunga Shabalala.

Nóg oor Janez en Top Billing op SARIE.com

*The Man Cave wys vanaf 6 Augustus elke Woensdag om 20:00 op SABC 3