FOTO: Instagram janez_vermeiren

FOTO: Instagram janez_vermeiren

Het jy gehoor?

Janez Vermeiren se Juliana Vasconcelos verwag nog ’n seun

Die plaaslike TV-aanbieder Janez Vermeiren het die geslag van die nuutste toevoeging tot sy gesin op sosiale media aangekondig.

Die aantreklike donkerkop het vroeër vandag getwiet: “Ek en Juliana verwag nog ’n seun aan die begin van Mei 2016! Rugbyspan op pad.”

Janez het ook dié foto van die pragtige vrou in sy lewe met sy meer as 50 000 Twitter-aanhangers gedeel. Kan jy glo sy is reeds 4 maande swanger?

Gelukwensings het op sosiale media ingestroom: “Baie geluk julle twee! Moenie ophou voor dit ’n dogtertjie is nie,” het een aanhanger geskryf.

Die paartjie se eerste seun, Vincent, is 1 jaar oud, en Janez se oudste seun, uit ’n vorige verhouding, Matisse, is 9.

Brothers in arms @matissemotz @vincent_vermeiren

A photo posted by Janez Vermeiren (@janez_vermeiren) on

Geluk, julle!

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!