FOTO Instagram / @janez_vermeiren

FOTO Instagram / @janez_vermeiren

Het jy gehoor?

Janez Vermeiren se waarskuwing aan ouers

Sy Vadersdag het byna in ’n nagmerrie ontaard. Die sexy TV-aanbieder Janez Vermeiren vertel hoe hy per ongeluk een van sy seuns beseer het. En dit met pret op ’n springmat (trampoline) … 

Janez het op sosiale media ouers gewaarsku dat ’n springmat uiters gevaarlik kan wees. Saam met dié waarskuwing het hy ’n foto van sy 2-jarige seun, Vincent, wat op ’n hospitaalbed lê, gedeel.

Hy het saam met sy seun op die springmat gespeel, maar sy gewig het veroorsaak dat Vincent op sy kop geval en sy nek gebuig het. Janez het met sy seun hospitaal toe gejaag, maar gelukkig was dit nie ernstig nie.

Janez is ’n pa van drie, Matisse (12), Vincent (2) en Noah (7 weke) .

Lees nou

Charlie Sheen praat oor sy foute

Nóg ’n bekende deel van die 27-klub