sr1207cover01_310w
Het jy gehoor?

Janie blog: “In Republiek van Mamma Janie werk dit anders”

In ons huis is dit nou sulke tyd. As ouer word ek daagliks getoets. Ek word gekonfronteer met die veranderings wat plaasvind as die kinders ouer word en word elke dag uitgedaag met nuwe situasies wat ek besef ek anders moet hanteer in die kinders se ‘grootmens wêreld”. Daar is nuwe grense en nuwe reels wat neergelê moet word.

Die grootste uitdaging in ons huis is  lê nie voor die kind nie maar voor die ma!

My twee seuns bly nog in die huis en die lekkerte hou net nie op nie. Die geselskap van jongmense is heerlik. Hulle stry aanhoudend, elkeen het ‘n opinie, kook en neem deel in die huistake en ons etes saans is gesellig.  Nog nooit was die tydjie saam met hulle so stimulerend nie. Maar die oorgang van die kinderwette na die grootmens wette is maar ‘n lekker deurmekaarspul want ek is nie altyd seker of ek die pas kan volhou met wat van my verwag word nie?

Meer as ooit moet ek as ouer nou in myself glo en vertrou dat my opvoedingstaak goed genoeg was?
Jongmense weet van regte,  gelykheid, demokrasie en protes maar hulle maak ‘n groot fout as hulle dink dat dieselfde reëls wat geld daarbuite, ook onder ons dak geld.

Nee, wat, ek voel dat in die Republiek van Mamma Janie werk dit anders….
In my huis is privaatheid nie ‘n reg nie. Dis ‘n voorreg en dit kry jy met  betroubare en respekvolle optrede. As jy die wette van die Republiek oortree, vat ek jou burgerreg terug. Klaar! My vriendin sê vir my ek moet op ‘n seker tyd in my lewe leer om te laat gaan. My kinders sê ek’s ‘n ‘control freak’? Ek dink nie so nie. Ek kan net nie die deurmekaar lewe van ‘n jong mens wat ander ure en ander gewoontes het, hanteer nie.

Wanneer hou ‘n mens op baklei oor deurmekaar kamers? Waneer hou jy op baklei oor inkomtye? Wanneer hou ‘n mens op sakgeld gee? Mag ‘n mens iets sê oor vriende? Mag ‘n mens kla oor musiek wat hulle speel? Wat van die vreemde klere wat hulle dra?

Beteken dit ek moet stom en blind word as hulle 21 is?

‘n Mens wil tog hê dat jou kind normaal moet wees nie maar waar moet hy vry as hy dit nie onder ons dak kan doen nie? Is ek nou die een met die gebakte pere. Moet ek nou anderkant toe kyk?
Volgens my seun is  die konsep van ‘min of meer’ iets wat ek moet leer om te begryp. Die kombuis is min of meer aan die kant. Die handoeke hang min of meer  aan die draad, die huis is min of meer skoon en hulle beddens is min of meer elke dag opgemaak. Hy sê dat as ek kan leer om te luister, sal ek meer kan verstaan en as ek meer kan verstaan sal ek meer kan vergewe.
Ware woorde maar steeds…

Met die nuwe teorieë vang ek myself nog  steeds met geknersde tande voor die toe deur van sy  kamer… en dan, as ek  met gefokuste dissipline omdraai en wegstap dink ek net aan die ‘min of meer’ teorie. Gelukkig is die  grondwet van  my Republiek min of meer met wit kryt op ‘n swartbord geskryf…

  • Linda

    Liewe Janie,

    Ek het ook 3 kinders groot gemaak en sommige het vir jare na skool nog by my gewoon… een het Engeland toe gegaan vir sy "gap" jaar en nooit terug gekom nie, toe volg die ander ene ook en kom nooit terug nie, ens., ens.,

    Jy vra: "Wanneer hou ‘n mens op baklei oor deurmekaar kamers? Waneer hou jy op baklei oor inkomtye? Wanneer hou ‘n mens op sakgeld gee? Mag ‘n mens iets sê oor vriende? Mag ‘n mens kla oor musiek wat hulle speel? Wat van die vreemde klere wat hulle dra?

    1. Nooit nie – solank hulle onder jou dak woon nie
    2. Die moet jy maar laat gaan – want hulle doen in elk geval net wat hulle wil en jy maak jouself net moeg om te kla daaroor. Ek het vir maande snags wakker gele en elke sekonde gebid dat hulle veilig moet terugkom, totdat ek van moegheid aan die slaap geraak het en net blindelings vertrou het…
    3. Eers wanneer hulle trou as jy gelukkig is? hihi
    4. Net as die vriende ongeskik is.
    5. In my huis moes hulle hulle musiek met oorfone aan luister.
    6. Klere – die mag jy nie oor kla nie, hulle moet nou hul eie styl uitwerk. Glo my, sodra hulle werk, verander dit drasties – so moenie bekommerd wees nie – oor ‘n jaar of so word dit alles weer normaal.

    Sterkte met die lee-nes sindroom. My motto: as mens nie jou voet neersit en sorg dat alles NIE na wense is vir hulle nie, gaan hulle nooit die huis verlaat nie omdat dit dan te lekker is in die huis! Jy moet nou vertrou dat jou opvoedings taak gedaan is, goed gedoen is en jou opvoedingstaak verander na een wat ondersteun waar jy kan. Hulle gaan in die toekoms nog baie op jou raad en daad steun – en dis waar Ma wees dan nooit ophou nie…

    Groete uit Engeland – ja, al my kinders het hier kom woon en toe moes ekke maar ook.

  • Milan Murray

    Loveley blog hierdie week, Janie! Ek was maar nog altyd gemakliker met grys, as met wit en swart…. (Seker die dat my ma-wees bietjie minder suksesvol is!) So ek is mal oor die ‘min-of-meer’ teorie. Die gode help my as my kinders tieners word! Ek gaan behoorlik les opse!

  • Landie

    Ai moeilik as die kinders grootword. Ek dink in enige huis is daar maar dieselfde probleme. Ek sou sê doen wat vir jou belangrik is. Kinders is geneig om daarteen te skop. Maar as hulle bietjie ouer is kom hulle gou terug en sê dankie dat jy hulle op die regte pad probeer hou het. Nou lyk dit dalk nie so nie, maar dit sal wel gebeur. Sterkte, almal van ons stry oor deurmekaar kamers, klere onder die beddens, handoeke wat op hopies lê,ens. Maar iemand het eendag aan ons gesê sy seun is oorsee en bly nie meer by die huis nie, hy sou wat wou gee om net weer daardie kamer deurmekaar te sien.

  • Elzabè

    Elke ma kry sekerlik na vele probeerslae die regte balans en ritme. Een gedagte wat ek raakgelees en my bygebly het, is dat ons soms moet skietgee en kompromie kry vir die minder belangrike sake soos kleredrag, haarstyl en musiek. Dan is die vertroue daar en die band soveel sterker dat belangrike en ernstige kwessies soos drankmisbruik, dwelms en seks makliker bespreek kan word. Hy sal dan ook gemaklik wees om raad te vra want ma is oopkop en sal nie onmiddellik begin veroordeel nie maar luister en raad gee.

    Ek het ook maar gespook om vrou alleen ‘n seun (nou 23jr) groot te kry. Jy is nooit klaar "opgevoed" nie maar ons het n wonderlike verhouding en hy deel wanneer iets pla.

  • Charmaine

    Liewe Janie
    Ai, hoe lekker om te weet dat ek toe nie die enigste Mamma is wat sukkel met hierdie & ander kwessies nie. En ja, ek stem 100% saam dat wanneer kinders onafhanlik word & hul eie leefstyl wil beoefen & wanneer hierdie leefstyl nie vir jou aanvaarbaar is nie, het hulle die opsie om maar hulle eie nessie te skrop. Dis maar deel van groot word, jy ongellukig het nie daardie voorreg nie want jy het reeds jou nes geskrop saam met hul.

    Meer sulke blogs, Janie!!!
    ,

  • Hannie

    Linda jy is soo reg! Dis prioriteit dat die kinders geniet moet word, en na die 16-18 jaar fase sal hul geleidelik bewys dat al jou opvoeding wel ingeskop het.

  • Elza Rossouw

    ELZA:

    Ek weet vir ‘n feit die volgende stelling is waar: "Mother Nature has her own revenge – Children are going to have Children" My dogter vertel my elke dag "Ma, hoe het Ma geweet dit werk so?"

  • Lettie Kruger

    Liewe Janie, ek het ook 2 seun. Getroud en uit die huis. Daar was nooit sleutels
    In ons huis. Persoonlike spasies was gerepekteer. Reels was eenvoudig
    Laat dit wat jy gebruik soos jy dit gekry het. Die feit dat dit seun was het
    alles net so maklik en moeitevry gemaak. Die liefde en drukkies wat jy van
    jou seuns kry voed jou soos n druppel dou in ñ dorre woestyn. Die ware
    toets het vir my begin nadat hulle getroud is. Dit was baie erg vir my.
    As die foon lui en hulle vra " kan ek daai lekker resep van ma kry…dan
    weet ek my plekkie is veilig in hulle hart. Dis al wat saak maak.