Janina Oberholzer FOTO: Instagram ( @janinasays)

Het jy gehoor?

Janina Oberholzer is verloof en só lyk die ring

Janina Oberholzer, prettige TV-aanbieder en radiopersoonlikheid, is verloof! Sy het vroeg vanoggend die groot nuus op haar Instagram-blad gedeel.

Janina is die mede-aanbieder op Jacaranda FM se gewilde laatmiddagprogram, die Martin Bester Drive, asook aanbieder op kykNET se gewilde Toks en Tjops, ’n informele rugby-kletsprogram met Toks van der Linde en Breyton Paulse.

Janina is duidelik baie opgewonde en het vanoggend hierdie foto van haar ring opgelaai met dié onderskrif:

Gisteraand het die man van my drome my gevra om sy vrou te wees. Ek het ja gesê. Ek het ’n miljoen keer ja gesê.

Janina se verloofring FOTO: Instagram ( @janinasays)

Janina se verloofring
FOTO: Instagram ( @janinasays)

Janina se verloofde is Ryno van Niekerk, wat in die finansiële bedryf werk.

Hier is ’n foto van dié stylvolle paartjie by ’n vriend se troue.

Janina en Ryno FOTO: Instagram ( @janinasays)

Janina en Ryno
FOTO: Instagram ( @janinasays)

Baie geluk, Janina!