Het jy gehoor?

Janina van Toks ‘n Tjops wys haar troufoto’s

’n Hoëveldse storm was nie genoeg om die radio- en TV-persoonlikheid Janina Oberholzer te laat ophou glimlag nie, want die man van haar drome het op haar gewag. En toe trek die wolke oop en die son kom uit …

1971-092 R&J

Janina se rok, ’n Joleen-rok deur Maggie Sottero, was van sagte ivoorkleurige netsy (tulle). Die noupassende bostuk met ruche-werk het ’n skouerband van kantblomme gehad. ’n Spuitjie Chanel Chance het die prentjie afgerond. Haar oorbelle en armband was van Arthur Kaplan.

 

1971-185 R&J

Ryno was al van vroegdag gereed met “vier van alles, net vir in geval”.

Die trouvoorbereidings was vir hulle ’n vulletjie. “Ons het glad nie gestres nie, dit was net pure opwinding!” sê Janina.

Haar vriendin, Anje Venter, besit ’n trourok-winkel, Olivelli, in Bloemfontein en het vir Janina haar trourok as geskenk gegee. “Ek het byna die hele winkel aangepas voor ons by dié rok uitgekom het – ’n Joleen-rok deur Maggie Sottero. Dit het net perfek by my gepas.”

Ryno beaam dit. “Ek het in my toespraak die woorde: ‘My vrou, jy lyk vandag’ geskryf, en die res oopgelos sodat ek kon sê wat ek gedink het toe ek haar in haar rok sien. Die woord wat toe by my opgekom het, was ‘asem-rowend’. En sy wás.”

Dit was lekker om al dié emosie met die mense in hul lewe te kan deel, sê Janina. “As ek terugdink aan die dag, is liefde die tema wat weer en weer by my opkom. Vriende en familie het selfs van Londen en Namibië na Pretoria gereis, en van oor die hele Suid-Afrika – Kaapstad, Bloemfontein, Durban. Daarom het hulle ook ’n spesiale verrassing vir die gaste gereël. Toe die pasgetroude paartjie in die onthaalarea instap, het Corlea Botha se gewilde liedjie “Swart koffie” begin opklink sodat hulle die dansbaan kan open.

“Die gaste kon hul oë nie glo toe Corlea ’n paar sekondes later instap en dis werklik sy wat die liedjie sing nie! Ons was so opgewonde daaroor, want ek is mal oor Corlea en sy is ook nou al ’n vriendin, maar ons kon vir niemand vertel wat kom nie. Maar hul reaksie was dit werd,” vertel Janina.

Corlea was nie die enigste bekende by die onthaal nie. Martin Bester, saam met wie Janina die Martin Bester Drive weeksdae op Jacaranda aanbied, en haar mede-aanbieders op Toks ’n Tjops, Vaatjie en Toks van der Linde, het lekker saamgekuier. Ander Jacaranda-bekendes soos Dianne Broodryk, Robbie Kruse en Gerda de Sousa was ook daar, en selfs bekende vriende uit Janina se studente-dae soos Reynardt Hugo (dr. Tertius Jonker op kykNET se Binnelanders) en sy sangmaat Hugo Ludik van die groep ADAM.

1971-305 R&J

’n Trouportret voor Monte de Dios, Pretoria. Daar was ses strooimeisies en ses strooijonkers. Van links is Carla Hansen, Pierre van Niekerk, Gabrielle Rebelo, Pieter Steyn, Lisenka Burger, Wihan Bester, Anje Venter, Rufus Holtzhausen, Liz-Merie de Lange, Chase Kirsten, en Janina se suster en swaer, Lianne en Anton Bouwer.

 

1971-377 R&J

Meneer en Mevrou van Niekerk en ’n happie troukoek.

Janina gaan steeds haar nooiensvan in haar loopbaan gebruik, maar het kort ná hul wittebrood haar naam op amptelike dokumente na Janina van Niekerk verander. “Ek het hard gewerk om my handelsmerk as Janina Oberholzer te bou, maar Mevrou van Niekerk klink vir my so mooi. En dis so lekker om te weet ek is nou amptelik Ryno s’n, en hy myne, nè, my man?” en dan giggel hulle weer.

Toks ’n Tjops is Vrydae om 20:00 en Saterdae om 06:30 en 14:30 op kykNET

Die Martin Bester Drive is weekdae van 16:00 tot 19:00 op JacarandaFM

Alle foto’s is deur Patrick Furter geneem

Die spesiaal ontwerpte monogram vir Janina en Ryno was ook op die uitnodigings en geskenke vir gaste.

Die paartjie se ringe. Haar witgoudring het ’n 1-karaat- diamant en 56 klein diamantjies, met ’n eenvoudige troupand daarby. Ryno se ring is van silwer en titanium.

Ryno het vir Janina dié ring laat maak. Dit wys hul troudatum, die trouplek se koördinate en sy vinger- afdruk. Haar geskenk aan hom was mansjetknope met háár vingerafdruk.

Die uitnodiging in swart- en-wit om by die klassieke tema te pas.

'n Monogram van die bruidspaar se voorletters op die dansvloer.

Liz-Merie de Lange, Lisenka Burger en Gabrielle Rebelo kort voor Janina kansel toe stap.

Strooimeisie-ruikers met lisianthus en rose, soortgelyk aan Janina s’n.

’n Kalm Janina.

Wit en goud, romantiese kers- lig en rangskikkings van sint josefs- en swaardlelies het die perfekte stemming geskep vir die 250 gaste.

Die gaste het elk ’n sonsambreel en sonbril ontvang. En ná die storm opgeklaar het, het dit nuttig te pas gekom!

Janina en Ryno het in die buitelug getrou, en die gaste het later na binne geskuif vir die onthaal.

Leah Bouwer, die paartjie se peetkind, by haar ma, Lianne (Janina se suster), en Anje Venter loop in die paadjie af.

Die troukar, ’n 1983 Rolls-Royce Silver Spirit, behoort aan Janina se oom, Gerhard van den Berg. Dit was ook haar suster se troukar.

Ryno en janina by Ryno se broer, Pierre (heel links), en sy ouers, Johann en Antonette van Margate.

Saam met Pierre, sy broer.

Janina en Ryno by haar familie. Links is haar ouers, Isobet en Pieter van Pretoria, regs is oupa Nico en ouma Joyce, en haar suster en swaer, Lianne en Anton.

Die eerste dans was op die maat van Corlea Botha se gewilde liedjie “Swart koffie”.

By har trotse pa, Pieter Oberholzer.

Die troukoek met vier lae van sjokolade-, aarbei-, rooifluweel- en suurlemoen-en- papawersaadkoek. Alles is bedek met wit suikerrose.

Éclaires, melktertjies, miljoenêrsbroskoekies en ander soetgoed
vir nagereg.

Hul vriende in die radiobedryf. Agter van links is die Jacaranda-span Martin Bester, Robbie Kruse, Janina, Marius van der Walt en die grapmaker Arod. Voor van links is André Kunz (aanbieder van The Breakfast Special op OFM), Dianne Broodryk, Ryno en Gerda de Sousa.

Saam met die Toks ’n Tjops-manne Toks van der Linde en Tommy Dickson, (sjef Vaatjie).

BORGE

• Venue, funksiekoördinering en -beplanning, spyseniering, klank en beligting deur Monte de Dios: 071 100 3305, www.montededios.co.za • Dekor deur Eventz and Weddings 076 154 0005, eventz.functions@ gmail.com

• Trourok deur Olivelli Bloemfontein: 051 444 1796, www.olivelli.co.za
• Foto’s deur Patrick Furter: 082 550 0139, www.patrickfurter.co.za

• Uitnodigings en ander drukwerk deur Stiki: 081 803 6807, www.stiki.co.za
• Janina en strooimeisies se hare en grimering deur Follicle Hair Atelier: 012 435 8777, www.folliclehair.co.za • Janina se ma en strooimeisies se uitrustings deur House of Superior Clothing: 012 362 1968, www.superiorclothing.co.za

• Trouringe, Ryno se horlosie en juwele deur Arthur Kaplan: 011 669 5600, www.arthurkaplan.co.za
• Blomme deur The Flower Bucket Waterkloof: 012 460 3259, www.theflowerbucket.co.za

• Wyn deur Excelsior-wynlandgoed: 023 615 1980, www.excelsior.co.za
• Videografie deur Gina V Productions: 084 580 8454, www.ginavproductions.co.za