jannie
Het jy gehoor?

Jannie du Plessis praat oor sy pa

Springbokke Bismarck en Jannie du Plessis se pa, Francois, is gister in die ouderdom van 71 op die familieplaas Stirling naby Bethlehem oorlede.

SARIE het in 2014 met Jannie gesels. Hy het toe oor sy pa gepraat wat in 1998 met Parkinson se siekte gediagnoseer is.

Hul pa, het Jannie gesê, was vir hom en Bismarck ’n ouer én ’n vriend – ’n onvervangbare familielid wat altyd baie moeite vir sy seuns gedoen het.

“Hy is eintlik dié pa wat enige ou voor kan vra. Hy’s ons mentor, ondersteuner en beste vriend. Wat ons as kinders ook al nodig gehad het, hy sou ’n plan maak. Of dit nou beteken het hy moes tyd maak om ons parkie toe te neem, moes baklei om sy kinders saam met hom te vat na plekke waar kinders nie toegelaat word nie, en of hy ’n slag sy verpeste netjiese klere moes aantrek om ons uit te vat – hy sou dit doen.”

- Jannie du Plessis

Francois word oorleef deur sy vrou, vier kinders en vyf agterkleinkinders.

Bron: SARIE, April 2014, Netwerk 24

Lees nou

FOTO’S: Bismarck se oulike tweeling!

VIDEO: Springbok Bismarck du Plessis maak fliekgangers stil

#SARIEfees is hier!