Het jy gehoor?

Jason Hartman kry koninklikes om vir renosters te skenk

Newsonline.co.za het berig dat die fondsinsamelingsveiling by die Monaco-seiljagklub gehou is.

“Ons is so geëerd dat die Europeërs bereid is om Suid-Afrika te ondersteun. Ons het oorsee gegaan om geld in te samel en ook ‘n bewusmakingsveldtog rondom Conservation Guardians te dryf. Die reaksie was enorm, en ons is reeds om besig om ‘n tweede geleentheid te reël,” het Jason Hartman gesê.

Prinses Caroline van Hannover, prins Saud Al Saud van Saoedi-Arabië, barones Vanessa von Zitzewitz en ander glansmense soos Chris Tucker en Christian Moore het almal 400 euro (R4 000) per kop betaal om die veiling by te woon.

Die hoogste bod was 34 000 euro (R340 000) vir ‘n Larry Norton-skildery.

Hartman werk tans aan sy tweede album.

  • Karin

    Well done, Jason.