Jay en Mia du Plessis by hul oudste seuns, Aidan (7) en Samuel (4) FOTO: Spheratical Productions

Het jy gehoor?

Jay en Mia du Plessis se Luka is hier!

Die sanger Jay du Plessis en sy vrou, Mia, se Luka is gebore! En sover gaan dit goed met ma én seun.

Jay en Mia het Luka eers op 12 Mei verwag, maar dié kleinding het kort ná middernag vanoggend sy verskyning gemaak.

Foto’s van Mia se ooievaarstee

Die trotse pa het dié goeie nuus vanoggend op Facebook gedeel. “Ons 3de geskenkie van God Luka is vanoggend 00:25 gebore. Paar dae vroeër as wat ons verwag het. Hy en Mia is albei gesond,” het die sanger geskryf oor die geboorte van sy derde seun.

Goeie nuus vir Jay

“Dit bly ’n ongelooflike ervaring en my seuns is alles vir my wat sin maak en belangrik is in die lewe,” het hy vroeër die jaar vir SARIE.com vertel. “[Ek sien die meeste uit] om te sien of hy so stoutgat is soos sy boeties … ek verkies dit so,” het hy uitgewei.

Lees die volle onderhoud hier

Die naam “Luka” beteken bringer van lig.