Het jy gehoor?

Valsalarm: Jean-Claude Van Damme kry nie ‘n hartaanval

Jean-Claude Van Damme, die Belgiese skop-skiet-en-slaan akteur, het stories ontken dat hy onlangs op die stel van sy nuwe fliek ‘n ligte hartaanval gekry het.

Op sy Facebookblad het hy gesê die stories wat op nie-ampterlike JCVD-webblaaie gepubliseer word, moet nie altyd geglo word nie. ’n Soortgelyke stelling is ook op sy amptelike webblad geplaas.

“Ek is 100% gesond en oefen hard vir my rol in die fliek. Maar baie dankie vir al die ondersteuning,” het hy gesê.

Die storie was dat hy net ‘n dag ná sy vyftigste verjaardag ‘n ligte hartaanval op die stel van sy nuutste fliek, Weapon, gekry het. Die fliek is in Roemenië geskiet waarna die filmspan vir drie dae na New Orleans in Amerika geskuif het. Dis hier waar dit toe volgens gerugte begin skeef loop het.

Hy was kwansuis vir ‘n kort rukkie in die hospitaal opgeneem voor hy en sy vrou, Gladys Portugues, na België teruggekeer het om te herstel. Volgens berigte sou hy ten volle herstel.

Jean-Claude, oftewel die ‘Spiere van België, is bekend vir sy rolle in aksie-flieks soos Double Impact, Universal Soldier en Hard Target. Hy het as tengerige 12-jarige met krygskuns begin.

  • Lynette

    Sterkte jou hartebreker… love u