img_1159
Het jy gehoor?

Kyk wat maak Heinz en Alette, Jeannie D, Jo-Ann Strauss en Elma Postma

Dit was die viering van Johannesburg Kinderwelsyn se 100 ste bestaansjaar en hoe anders dan as om te gee! Johannesburg Kinderwelsyn het 100 plaaslike kunstenaars van formaat gevra om elk ‘n deur te verf wat ten bate van die welsyn op 10 Februarie by Montecasino-winkelsentrum opgeveil sal word.

Elke celeb, of dan kunstenaar, kon ‘n tema vir hul deur kies. Jeannie D en Jo-Ann het die 2 J’s, waarmee hul name begin, as tema gekies en in ‘n kreatiewe styl  geverf. SARIE was daar! (kyk hieronder).

“Ons het besluit om die 2 J’s in ‘n neon-pienk op swart te verf, dit is treffend en staan uit. Die sterre simboliseer nie net ons ster-status nie, maar ook die inspirasie dat enige kind ‘n ster is!” vertel Jo-Ann.

Die kunsklas vir die dag was Art Jamming in die Cape Quarter-winkelsentrum. (Artjamming het hul studios in Kaapstad en Johannesburg beskikbaar gestel asook die verf en materiale vir die projek geskenk.) Leora Israel, mede-eienaar van Artjamming sê: “Dit is vir ons ‘n groot eer om betrokke te wees by so ‘n belangrike projek. En ons is dankbaar dat ons kan teruggee vir die gemeenskap.”

Hou julle van kuns? Het julle dit as vak op skool geneem?

Jeannie D: “Ek het drama studeer, dit is sekerlik ‘n vorm van kuns, dan nie?” (Jeannie se ma is ook ‘n kunstenares.)

Jo-Ann: “Ek het kuns as vak op skool gehad, maar net tot en met gr. 9. Ek dink my idees was te abstrak!”

Johan Joubert, kunstenaar van beroep, het ook saam met die twee glansmeisies ‘n deur versier. Hy het gemengde medium, potlood en “collage” gebruik om sy deur in ‘n kunswerk te omskep en vertel dat pay life forward  die inspirasie en tema van sy deur is. “Die idee is om iets vir ander te doen sonder om iets terug te verwag. Dit hoef nie iets groots te wees nie, iets soos om ‘n blommetjie vir iemand te gee.”

Ander bekendes wat ook deure geverf het, sluit in die voormalige Mej. SA, Michelle McLean, Elma Postma (kyk na hul deure hieronder), Natasha Sutherland, Kyla Rose Smith en Zolani Mahola van die groep Freshly Ground, asook Lee-Anne Summers, Edith Venter, Zureida Jardine & Josh Lindberg, Basetsana Khumalo, die groep Watershed, Vernon Koekemoer, Terence Bridget, Nicky Greenwall, Ard Matthews van Just Jinjer (foto van deur onder) Michelle & Rian Garforth-Venter, Mango Groove, Kim Engelbrecht, Jason Hartman, Danny K, die mode-ontwerper Craig Native, Ashley Hayden van Survivor-faam, Heinz en Aletté Winkler. 

Elma Postma sê: “When you’re alone, whether you’re a child or an adult, it feels like night – cold, lonely and without love. But the moment you open your arms and feel the warmth of someone loving you – the sun shines again.”

Heinz en Aletté het saam ‘n deur versier met mosaïekteëls: “Ons glo deur hierdie deur te skenk sal ons help om ‘n deur van hoop vir ‘n kind oop te maak, wat ‘n kleurryke toekoms sal hê.”

Die eerste deur wat opgeveil is, is deur die plaaslike kunstenaar Makiwa Mutomba geverf. Dit het  R10 200 gehaal!

 

Heinz en Aletté Winkler se deur:

 
 
Heinz en Alette se deur met HOOP as tema

SARIE, Jeannie D en Jo-Anne – kyk net die prettigheid

 

Jeannie D en Jo-Ann gereed om te verf Jeannie D, Michelle Els (SARIE) en Jo-Ann Strauss
Prettig met pienk Jeannie en Jo-Ann
“Hoe voel jy oor die kleur geel, Jo-Ann?”
Rodger February (SARIE-fotograaf) doodgelukkig saam met Jeannie en Jo-Anne

Ons celebs raak kreatief

 
Elma Postma se kunswerk
Ard Matthews
Michelle McLean en haar seun, Luke Michelle sê: “Ek glo ongeag jou omstandighede het jy altyd die geleentheid om die lewe te skep wat jy wil hê. Organisasies soos Johannesburg Kinderwelsyn help om dit te verwesenlik en deur hulle te ondersteun kan jy ‘n verskil maak.”
   
foto’s deur Rodger February

  • http://iyltiiggttwh.com/ cvgjpkmu

    abqvIC pgqyvtnkewkw, [url=http://cxbrdtoputcy.com/]cxbrdtoputcy[/url], [link=http://lvjpqfwshkdp.com/]lvjpqfwshkdp[/link], http://cfboppzmrqxe.com/