FOTO Instagram / @iamjeannied

FOTO Instagram / @iamjeannied

Het jy gehoor?

Jeannie D skitter met bekendes

 Jeannie D het van ’n nederige begin aan die Oos-Rand van Johannesburg gevorder tot een van Suid-Afrika se mooiste en bekendste TV-aanbieders.

“Ek het nooit gedink ek gaan kom waar ek vandag is nie.”

- Jeannie D

As dit nie was vir ’n onderwyseres op laerskool wat Jeannie se talente vir vermaak raakgesien en haar aangemoedig het om meer daarvan te maak nie, sou Jeannie dalk nooit in die kollig beland het nie. Haar ma, wat self kunssinnig is, het haar ook aangemoedig en later het sy aan die Nasionale Kunsteskool in Johannesburg skoolgegaan.

Ná matriek het sy kommunikasiekunde aan RAU, nou die Universiteit van Johannesburg, studeer. Nog voor sy klaar studeer het, het sy as radio-omroeper by Good Hope FM gewerk. Patience Stevens, die uitvoerende vervaardiger van Top Billing, was so beïndruk met Jeannie nadat die joernaalprogram ’n insetsel oor haar gedoen het dat sy Jeannie dadelik ’n geleentheid as TV-aanbieder gegee het. Dis nou 13 jaar later en Jeannie is steeds gasaanbieder op Top Billing (Donderdae om 19:30 op SABC 3). Sy is ook van Maandag tot Vrydag daagliks op die kassie op Afternoon Express (om 16;00, ook op SABC3).

Oh Gavin! Stop it! A photo posted by Jeannie D (@iamjeannied) on

Oh @lalesso I’m loving my dress on today’s show! #alice_lalesso @olivia_lalesso

A photo posted by Jeannie D (@iamjeannied) on

Sy het al skouers geskuur met menige internasionale ster en het gesels met onder meer die super-sterre Taylor Swift, Josh Groban en Jamie Foxx. Maar daar is drie mense wat haar waarlik beïndruk het.

Jeannie D het aan Fanie Cronjé, styl- en sosiale redakteur van SARIE, vertel dat Julie Andrews, Liam Neeson en Seal dié onderhoude is wat vir haar uitstaan oor die afgelope 13 jaar.

Julie Andrews

“Die legendariese ster van Mary Poppins en Maria von Trapp in The Sound of Music. Sy is ʼn ware dame. Statig en stylvol, maar ook so nederig. Wie van ons ken nie daai twee groot films van haar nie. Ons het grootgeword daarmee. Julie wys self vir haar kleinkinders die DVD’s. Hulle besef nie dis hul ouma nie, al kan hulle sien daar is ’n ooreenkoms. Ek het op die dag dat ek haar gesien het ook vir Dwayne Johnson (The Rock) ontmoet. Hulle het saam ʼn fliek gemaak, The Tooth Fairy.”

Liam Neeson

“Ek het al vier keer in my loopbaan onderhoude met hom gevoer. En die vierde keer het hy my onthou! Hy is solid en entoesiasties. Groot en sterk. En ʼn superster.  Hy lyk vir my na die tipe ou wat as hy na ʼn rugbywedstryd toe gaan, ʼn boek met Shakespeare se sonette sal lees.”

Seal

“Dit was in Londen. Ons het net 10 minute gehad om die onderhoud te doen. Toe ek weer sien, word daai 10 minute, dertig en toe veertig minute … Op 50 minute het ek die onderhoud kortgeknip. Hy vra my toe om aan te bly en ons het whisky gedrink en hy het Frank Sinatra-liedjies gesing.”

Sy beklemtoon dat wanneer jy die mense ontmoet, jy besef hulle is ook net mense.

“Gewone mense soos ek en jy. Maar jy besef hulle is die beste in die wêreld in dit wat hulle doen. Hulle werk hard. Soms, net soms, ontmoet jy iemand en jy dink hierdie een was net gelukkig om te kom waar hy is. Maar die res van hulle het daardie energie wat hulle net anders maak.”

Lees nou

Die 6 stories waaroor almal nou praat

Reuben Riffel – einde van ’n era

Kyk wat het die Krugerwildtuin, Marilyn Monroe en Pooh-beer gemeen!