FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jen het (uiteindelik) ‘n troudatum + Halle Berry trou dié naweek

Jennifer Aniston en haar verloofde, Justin Theroux, het uiteindelik op ‘n datum vir hul troudag besluit. Almal het verwag dat dié paartjie in die Amerikaanse somer sou trou, maar ‘n bron het aan MailOnline gesê dat hulle op Desember besluit het.

Die ingeligte het gesê dié besluit bring rustigheid omdat dit ‘n bron van onsekerheid in hul verhouding was. Die wintertroue gaan glo in die spogwoonbuurt Bel Air in Los Angeles afspeel. Jennifer het hier grootgeword, maar Justin het nog nooit ‘n geheim daarvan gemaak dat sy hart eerder by die Ooskus by New York lê nie. Dit is ook waar hy en Jennifer in 2011 verloof geraak het. Hy het glo ingestem om eerder aan die Weskus van Amerika te trou.

Waarom is daar gerugte dat Jen en Justin se verlowing gebreek is?

Die 46-jarige aktrise Halle Berry gaan glo dié naweek met die Franse akteur Olivier Martinez (47) trou. Dit sal haar derde huwelik wees, alhoewel sy in die verlede gesê het sy wil nie weer trou nie. Sy het in 1993 met die bofbalspeler David Justice getrou en in 2001 met die sanger Eric Benét.

Halle, wat 5 maande swanger is met hul eerste kind, Olivier en haar dogter, Nahla, is ‘n paar dae gelede saam op die lughawe in Los Angeles gesien. Hulle het moontlik na die onbekende troubestemming gevlieg.

Die paartjie het verlede jaar in Maart verloof geraak en in April vanjaar aangekondig dat sy swanger is.