FOTO: Jenna Pietersen se blog

FOTO: Jenna Pietersen se blog

Het jy gehoor?

Jenna Pietersen skubaduik in ‘n onderwater-winkel

Die model Jenna Pietersen het vir die eerste keer gaan skubaduik, en boonop ‘n onderwater-winkel in Doebai besoek.

Sy was een van vier Suid-Afrikaners wat genooi is om dié unieke duikervaring te beleef. Die sogenaamde winkel, waar jy nie regtig aankope kan maak nie, is opgestel by die Wêreld van Eilande, ’n groep mensgemaakte eilandjies wat in die vorm van die wêreldkaart uitgelê is. Die “winkel” was ’n bemarkingsplan om die maatskappy se nuwe waterdigte foon te bemark.

Dit was net vir drie dae oop en besoekers moes genooi en opgelei word om te swem in die winkel, wat lyk soos ’n omgekeerde bad onder die water.

“Ons moes dadelik ons duikpakke aantrek en ’n blitskursus in skubaduik doen. Dit was ’n eerste ervaring vir my en vir die meeste in ons span, wat dit nogals baie opwindend gemaak het,” sê Jenna in haar blog-inskrywing oor dié dag.

“Ek het dit maklik gevind om in die swembad te oefen, maar die oomblik toe ons in die see klim, het ek bietjie paniekerig geword. Ek kon niks onder die water sien nie en die kloustrofobie het bietjie ingeskop. Gelukkig het ons elkeen ’n private duik-instrukteur gehad wat mooi na ons gekyk het,” skryf Jenna verder oor die ervaring op haar blog.

Nafisa het in haar blog-inskrywing verduidelik dat elkeen net vir 10 minute in ’n swembad geleer is hoe om te skubaduik, waarna hulle see toe is.

Die winkel kon net 6 mense op ’n slag neem. Binne die winkel het twee Sony-bemarkers besoekers meer vertel van die Xperia-foon wat waterdig is tot 1,5 meter onder die oppervlak.

“Dit was die onwerklikste ervaring. Ek kon nie eers konsentreer om genoeg foto’s te neem nie – buiten hierdie vae selfie,” het Jenna geskryf oor dié foto:

FOTO: Jenna Pietersen se blog

FOTO: Jenna Pietersen se blog

Kêrel Jack Parrow se minder plesierige reis

Terwyl Jenna ’n ongelooflike reis Doebai toe ervaar het, het haar kêrel, Jack Parrow, minder plesierige ritte hospitaal toe gemaak. Jack het verlede weeek voedselvergiftiging opgedoen. Nadat hy ontslaan is, het hy op dieselfde dag as Jenna se duik-ekspedisie in Jeffreysbaai opgetree.

Daarna is hy eers weer hospitaal toe voordat hy later die dag weer in Plettenbergbaai opgetree het.

Nog kiekies van Jenna se eerste skubaduik 

Jenna in die swembad

FOTO: Twitter @arfness

FOTO: Twitter @arfness

Die lewe van al die onderwaterwinkel-besoekers hang toe af van Jenna se lewensreddingsvermoëns, terg Sony Suid-Afrika se bemarkingsbestuurder in hierdie twiet:

Hier is ’n video van een van die besoekers aan die onderwaterskou: