FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Aniston en Justin Theroux trou (uiteindelik)!

Die gewilde Hollywood-aktrise Jennifer Aniston is in die geheim met haar verloofde, Justin Theroux, getroud, berig People.

Die seremonie is by hul huis in Bel Air, Los Angeles, gehou. Jennifer se Friends-medester Courtney Cox was haar strooimeisie en Justin se goeie vriend Scott Campbell, ’n tatoekunstenaar, sy strooijonker.

75 gaste het die troue bygewoon, en Jennifer se ouers was nie teenwoordig nie.

Ander bekendes by die troue was Lisa Kudrow, wat ook saam met Jennifer in Friends gespeel het, die aktrise Emily Blunt, die bekende TV-aanbieder Ellen DeGeneres en haar vrou Portia de Rossi, die akteur Tobey Maguire en die TV-aanbieder Jimmy Kimmel.

Volgens People is die pasgetroude paartjie op pad na Bora Bora, ’n eiland aan die Franse kus, vir hul wittebrood.

Geluk Jennifer en Justin!

Ons kan nie wag om die foto’s te sien nie!

Lees ook