Het jy gehoor?

Jennifer Aniston in ‘n musiekblyspel

Hollywood-liefling Jennifer Aniston gaan in ‘n musiekrolprent, Goree Girls, speel én dit vervaardig. Dis gegrond op die ware verhaal uit die 1940’s van ‘n groep vroue in ‘n Texas-tronk wat die eerste Country-groep bestaande uit net vroue gestig het. Die groep het só suksesvol geword dat hulle hul straf kwytgeskeld is.

Verfilming sal in die eerste 8 weke van 2010 plaasvind.

En die nuutste skindernuus is dat sy beplan om haar eie restaurant te begin. Blykbaar is sy mal oor kosmaak en geniet dit veral om Mexikaanse en Italiaanse geregte te kook.