FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Aniston is verloof!

“Justin Theroux het Vrydag ‘n ongelooflike verjaardaggeskenk gekry toe Jennifer ja gesê het op sy vraag of sy met hom sal trou,” het Theroux se woordvoerder aan People.com gesê.

Jennifer, wat voorheen vyf jaar met die akteur Brad Pitt getroud was, en Justin, ‘n akteur-teksskrywer, gaan al vir meer as ‘n jaar uit. Hulle het albei ‘n rol in die fliek Wanderlust gehad en is in Mei 2011 vir die eerste keer saamgesien.

“Hulle is wonderlike vriende,” het ‘n bron daardie tyd oor hul saamwees gesê. Daarna, in ‘n TV-onderhoud op Good Morning America, kon Aniston nie haar gevoelens wegsteek nie en het sy erken dat sy en Theroux in ‘n verhouding is.

“Ja, ek is baie bly. Ek’s baie bevoorreg en baie bly!” het sy gesê.

  • Carika

    Ek is baie bly vir haar en mag sy die keer baie gelukkig wees

  • Ruth

    Ek is baie bly sy het weer geluk gekry, ek dink nie Brad Pitt sal ooit dieselfde wees nie hy lyk sommer
    verwaarloos en met 6 kinders kan mens sien hy het nie baie tyd vir homself nie……….Baie geluk Jennifer jy is pragtig en ons gun jou geluk!!!!!

  • Landie

    Ek is net so bly vir haar en alhoewel Angelina Jolie dalk ‘n vangs is, is Brad nou nie meer dieselfde mens as wat hy saam met haar was nie!!!

  • Maria Kotze

    Baie bly vir haar.Sy het lank genoeg getreur oor Brad. Stem, hy lyk maar baie verwaarloos die laaste tyd.
    Hy sal nooit weer n Jennifer Asniston kry nie Ek hoop die ou waardeer haar!!