FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Aniston kies haar strooimeisies

Jennifer trou glo oor ‘n maand met die akteur Justin Theroux, en teen dié tyd is meeste van die reëlings al in plek.

Daar is wyd bespiegel dat Jen se Friends-mede-ster Courteney Cox een van haar strooimeisies sou wees, maar dit is nie geval nie. Jen het besluit om vir kletskoningin Chelsea Handler te vra omdat sy deur al die jare so ongelooflik lojaal teenoor haar was. Die ander strooimeisie is aktrise Emily Blunt.

“Jen wil hê van haar nuwe vriende ook insluit, en alhoewel Courteney by die troue gaan wees, dink Jen sy (Courteney) het op die oomblik te veel hooi op haar vurk,” het ‘n bron aan Heat vertel. “Jen dink Chelsea is briljant. Sy’s die enigste vriendin wat vir Jen in die publiek opgekom het ná Brad en Angelina ‘n verhouding begin het.”

Volgens WHO-tydskrif trou Jennifer en Justin oor 4 weke en is die rok en ringe reeds gekoop.

Who Magazine