Jennifer in 2013 
FOTO Gallo Images / Getty Images

Jennifer in 2013
FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Aniston lyk pragtig sonder grimering …

Nie net lyk Jennifer Aniston pragtig op die rooitapyt nie, maar sy lyk ook beeldskoon sonder grimering …

Chris McMillan, die man verantwoordelik vir Jennifer se sysagte lokke (ja, ook vir ‘The Rachel’ in die 90’s!), het ‘n foto van hom en Jennifer sonder grimering die naweek op sy Instagram-profiel gedeel. Chris gaan ook blykbaar Jennifer se hare doen op haar troudag.

screen_shot_2013_08_05_at_8.24.50_am_630w

 

FOTO: Chris het by dié foto geskryf: Best #friends #no makeup #girl-time

Goeie gene het seker ‘n groot aandeel daarin dat Jennifer se vel op 44-jarige ouderdom steeds gloeiend is, maar sy sê ook dat water, genoeg slaap, en ‘n gesonde leefstyl ‘n baie groot rol speel.

Kry ’n gesonde wintervel

“Toe ek genoeg geld begin maak het om duur velsorgprodukte te koop, het ek dit probeer. Maar my vel het uitgeslaan. Ek dink party vroue maak hul velle te veel skoon. Sekere produkte en maskers is te aggressief en irriteer seker veltipes. Ek glo eerder in eenvoudige en natuurlike velsorg.”

FOTO’S: Jennifer skryf haar gloeiende vel toe aan water, slaap en ‘n gesonde leefstyl

In die nuwe film We’re the Millers speel Jennifer ‘n ontkleedanseres en verskyn gereeld in net haar onderklere in dié film.Dié aktrise sweer by joga vir haar lenige lyf, maar moes ekstra oefen en ‘n strenger dieet volg vir dié tonele.

Wat tee vir jou vel kan doen

“Ek het groente, maer proteïene en boerkool (kale) geeët om gemaklik te voel in my onderklere. En wanneer ek die dag wou kul, het ek kool-skyfies geëet.” Op die einde het dié streng dieet afbetaal! Kyk hoe viets lyk sy in die film (die lokprent van hierdie komedie is onderaan dié artikel):

screen_shot_2013_08_01_at_1.52.27_pm_630w

 

Jennifer erken egter dat ‘n goeie lyf die resultaat van ‘n langtermyn gesonde lewenstyl is en nie ‘n vinnige dieet nie. Jennifer het ook al in die verlede gesê dat sy die alkaliese dieet volg. Die dieetkundige Mariza van Zyl het al oor dié dieet geblog. Lees hier wat sy daarvan sê.

Nóg sterre sonder grimering:

screen_shot_2013_08_05_at_8.25.37_am_200w

screen_shot_2013_08_05_at_8.33.26_am_200w

 

 

 

Die sangeres Demi Lovato

 

Die model Bar Refaeli

 

screen_shot_2013_08_05_at_8.26.58_am_200wDie aktrise Jennifer Love Hewitt

 

 

 

 

Bronne: Huffington Post, The Cut