FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Aniston oor haar “baba-magie”: Julle sal weet!

Alle oë was op Jennifer Aniston en haar “baba-magie” by die Toronto-filmfees. Maar sy sê daar is nog geen nuus nie.

Die gerugte dat sy swanger is, wil maar net nie gaan lê nie. Dié 44-jarige aktrise het by die première van Life of Crime ‘n blougrys rok gedra wat perfek is om ‘n baba-magie te verbloem. Sy het ook by die première van We’re the Millers die tonge laat klap in ‘n stywe pers rok met ‘n effense bultjie om haar maag. (Sien dié foto hier).

Sal jy Jennifer Aniston se dieet kan volg?

Jennifer Aniston

Haar verloofde, Justin Theroux, het by haar op die rooi tapyt aangesluit, maar albei het gerugte van ‘n baba afgelag. Jennifer het gesê: “Dit [die gerugte] is vervelig. Wanneer dit gebeur, sal julle weet! Want julle sal sien dit groei en groei, en kom en gaan nie.”

Jennifer Aniston se rok: JA of NEE?

(FOTO’S: Instagram (@jenanistonbr en @elle_ru) en Twitter)

Wees in die kol in blou

Blou is een van dié jaar se groot mode-kleure. En daar is ‘n blou rok in die SARIE-winkel wat elke styl en sak pas!

Blou is een van dié jaar se groot mode-kleure. En daar is ‘n blou rok in die SARIE-winkel wat elke styl en sak pas!

Savannah Dress

Bron: Perez Hilton