Jennifer Aniston 
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Aniston oor plooie en haar ideale gewig

In ’n beroep waar jou voorkoms jou brood bepaal, neem Jennifer Aniston standpunt in, sê sy in ’n onderhoud met Yahoo.

Jennifer het in ’n onderhoud met die bekende grimeerkunstenaar en skoonheidsredakteur van Yahoo, Bobbi Brown, gesê dat sy nie diegene beny wat plastiese chirurgie ondergaan nie. Haar verloofde, Justin Theroux, sal ook glo glad nie daarvan hou as sy aan haar gesig laat verander nie.

Plooie

“My pa is Grieks, en op 81 het hy skaars ’n plooi. Dieselfde met my ouma, wat op 95 oorlede is. Maar ek drink ook baie water en gebruik goeie velprodukte.

“Ek sien vroue wat probeer om jonk te bly en ek sien wat hulle doen. Ek is dankbaar om uit hul foute te leer, want ek spuit nie goed in my gesig nie … Ek kyk na hulle en my hart breek. As hulle net weet hoeveel ouer hulle eintlik lyk. Hulle wil die tyd terugdraai en al wat jy kan sien, is iemand wat onseker is oor haarself en haarself nie wil toelaat om ouer te word nie.”

Jennifer noem Gloria Steinem, Diane Keaton en Annette Bening as vroue wat vreesloos is en hul ouderdom aanvaar.

Gewig

Jennifer het ook haar hart oopgemaak oor haar gewig. Sy sê sy wens sy kan so 2 kg verloor, maar met ouderdom word dít net moeiliker. Haar ideale gewig is ongeveer 50 kg. Sy is sowat 1,64 m lank.

Sy probeer minder koolhidrate eet, maar sny dit nie heeltemal uit nie.

Lees die volledige onderhoud met Jennifer HIER.

Bronne: Yahoo en Hello!