Jennifer Aniston 
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Aniston is People se mooiste vrou vir 2016

Die Amerikaanse tydskrif People het Jennifer Aniston aangewys as die wêreld se mooiste vrou vir 2016.

Volgens Jennifer is dié titel heel onverwags en het sy dit glad nie verwag nie.

“Ek het net gedink: ‘O, jitte!’ Dit was ’n baie opwindende tieneragtige oomblik,” het Jennifer aan People vertel.

“Dis eintlik ongelooflik. In jou 20’s kan jy met enigiets wegkom, maar nóú is jy besorg oor wat jy in jou liggaam sit.”

Die 47-jarige voel die beste as sy ’n gesonde lewenstyl handhaaf.

jennifer-aniston-z-435

Sy het verlede jaar in die geheim met die akteur Justin Theroux getrou. Die seremonie was by hul huis in Bel Air, Los Angeles. Jennifer se Friends-medester Courteney Cox was haar strooimeisie en Justin se goeie vriend Scott Campbell, ’n tatoekunstenaar, sy strooijonker.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Verlede jaar is die Oscar-wenner Sandra Bullock as People se mooiste vrou aangewys.