FOTO: Hayden Panettier op die voorblad van InStyle
Het jy gehoor?

Jennifer Aniston se haarstilis sny nóg ’n aktrise se hare in die lob

Chris McMillan, die haarstileerder wat Jennifer Aniston se hare verlede jaar in ’n lob (lang bob) gesny het, het nou nóg ’n Hollywood-ster se hare afgesny!

Die nuutste Hollywood-ster wat haar lang hare in die lang bob, oftewel lob, gesny het, is Nashville-ster Hayden Panettiere.

Chris, wat ook Kim Kardashian se hare vir haar troue stileer het, het Hayden se hare in ’n langer bob met baie tekstuur gesny.

Hayden se grimeerkunstenaar, Amy Orseman, het dié foto van Chris en die 24-jarige aktrise op Instagram gedeel. “Dis ’n lekker werksdag as jy kan kyk hoe Chris McMillan vir Hayden Panettiere ’n nuwe haarstyl gee!” het sy geskryf.

Hayden het onlangs aangekondig dat sy en haar verloofde, die professionele bokser Wladimir Klitschko, hul eersteling verwag. Miskien het Hayden besluit dat die korter haarstyl makliker sal wees om in stand te hou wanneer sy eers ’n ma is.

Jennifer Aniston en Chris McMillan  FOTO: Instagram (@mrchrismcmillan)

Jennifer Aniston en Chris McMillan
FOTO: Instagram (@mrchrismcmillan)

Nóg oor die bob op SARIE.com