Jennifer Aniston  FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Nuwe bob vir Jennifer + só gaan haar trou-haarstyl glo lyk

Haar flieks is byna soos bekend soos haar haarstyle. Jennifer Aniston het ‘n paar mense op die stel van Squirrels To The Nuts in New York stil gemaak toe sy met ‘n bob-haarstyl opdaag. Sy lyk byna onherkenbaar, en dié styl pas haar nie so goed soos haar eie haarstyl nie. Sy was veral in die negentigs bekend vir die gewilde ‘Rachel Cut’, ‘n haarstyl wat sy op die TV-program Friends gedra het. Miljoene vroue reg oor die wêreld het hulle hare óók so gedra. Kry Jennifer Aniston se lyf stap vir stap “Die Rachel was aaklig en baie moeite!” het sy later in ‘n tydskrifonderhoud erken. “Vir my troue gaan ek nie my hare opvat nie, ‘n sluier is altyd mooi. Ek is mal oor los, natuurlike hare in kontras met ‘n formele trourok,” het Jennifer in ‘n onlangse onderhoud vertel. En wie se haarstyl inspireer haar? Niemand ander as Kate Middleton nie!

Kies jou gunsteling Jennifer-haarstyl

1. 2.
3. 4.
5. 6.