Het jy gehoor?

Jennifer Aniston se nuwe kêrel

Hulle gaan nog maar ’n paar weke uit, maar dit lyk of Jennifer en haar nuwe kêrel, Justin Theroux, ernstig is. Hy is ook ’n akteur, maar fokus meer op die skryf van draaiboeke.

Die paartjie het mekaar ses maande gelede ontmoet op die stel van Wanderlust in Georgia.

Jennifer het ’n klein, intieme partytjie gehou om hom aan haar naaste vriende voor te stel. Courtney Cox, wat jare lank saam met Jennifer in Friends gespeel het, was ook daar. ’n Bron na aan Jennifer het aan People vertel dat almal die aand baie geniet het en dat Jen baie mal is oor Justin.

Jennifer het ‘n paar stormagtige verhoudings gehad, onder meer met haar mede-akteur in The Breakup, Vince Vaugn, die sanger John Meyer en natuurlik haar huwelik met Brad Pitt, wat op die rotse geloop het toe hy en Angelina Jolie op die stel van Mr. & Mrs. Smith verlief geraak het.

Justin Theroux

  • Heinriette Uys

    Nogal sag op die oog!

  • Sarie

    Ai tog, ek is so mal oor hierdie girl. Ek hoop sy vind geluk. Sy verdien dit!

  • Elzabe

    E hoop regtig dis nou die regte een. Arme vrou is teen die tyd moeg geswerf en gesoek