Jennifer in 2013 
FOTO Gallo Images / Getty Images

Jennifer in 2013
FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Aniston se rok: JA of NEE?

Jennifer maak gewoonlik veilige modekeuses vir die rooitapyt – effekleurige rokke, gewoonlik swart en af en toe verras sy ons met ‘n helder rooi rok soos by vanjaar se Oscars.

Stap-vir-stap hare: Gereed vir die rooi tapyt

Maar vir die première van We’re the Millers in Londen het sy verras met dié blompatroon. Wat dink jy daarvan? 

Nou kan jy jou mening gee – is dié rok ‘n treffer of ‘n flop?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons facebook- of Twitter-blad!

Jennifer se lenige lyf

Dink jy jy sal Jennifer se dieet kan volg? Sy het vir voorbereiding vir dié film ‘n baie streng dieet gevolg! Vir ‘n versnappering is al wat sy geëet het gedroogde kool-skyfies!

Sy speel ‘n ontkleedanseres in dié film en het ‘n streng oefen- en dieet-program gevolg  om haar lyf gereed te kry om net in haar onderklere te verskyn!

Lees meer hier oor hoe sy dit reggekry het

… en haar pragtige vel

Chris McMillan, die man verantwoordelik vir Jennifer se sysagte lokke (ja, ook vir ‘The Rachel’ in die 90’s!), het onlangs ‘n foto van hom en Jennifer sonder grimering op sy Instagram-profiel gedeel.

Goeie gene het seker ‘n groot aandeel daarin dat Jennifer se vel op 44-jarige ouderdom steeds gloeiend is, maar sy sê ook dat water, genoeg slaap, en ‘n gesonde leefstyl ‘n baie groot rol speel.

Kry ’n gesonde wintervel

“Toe ek genoeg geld begin maak het om duur velsorgprodukte te koop, het ek dit probeer. Maar my vel het uitgeslaan. Ek dink party vroue maak hul velle te veel skoon. Sekere produkte en maskers is te aggressief en irriteer seker veltipes. Ek glo eerder in eenvoudige en natuurlike velsorg.”

Ons mooiste blompatroon-rokke in die SARIE-winkel

Die Melinda Cocktail Dress het ‘n pragtige rug.

Selfs ‘n blompatroon kan donker wees as die agtergrond swart is. Ons is mal oor die Baroque Dress (links) en die Shift Dress With Cap Sleeves (regs).

Lyk asof jy elke dag ‘n iewers op ‘n Tropiese eiland is met dié Pleated Dress.