Jennifer Aniston en haar man, Justin Theroux
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston en haar man, Justin Theroux FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Aniston sit glo gewig aan – oor dié oulike rede!

Jennifer Aniston het aan People gesê dat sy gewig opgetel het (alhoewel ons dit nie kan sien nie!) en sy blameer net een persoon daarvoor – haar verloofde Justin Theroux en sy kookvernuf.

Jennifer sê Justin maak die lekkerste pastas en dié romerige etes het glo die kilogramme laat aanpak. “Maar dis alles die moeite werd!” vertel dié 45-jarige aktrise. “Ek doen dit vir die liefde.”

Jennifer oefen glo elke dag – 45 minute se kardiovaskulêre oefening en 20 minute se joga.

Jennifer en Justin staan op trou en as ons die skinderblaaie moet glo, het dié paartjie hul trouplanne opsy geskuif en beplan nou eerder ’n baie intieme weglooptroue.

Jennifer Aniston oor haar “baba-magie”: Hou op vra, julle sal weet!!

Addisionele bron: Xposé Entertainment