Jennifer Aniston en haar man, Justin Theroux
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston en haar man, Justin Theroux FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Aniston gesels oor haar ‘geheime troue’

Daar was wéér onlangs mediaberigte dat Jennifer Aniston en Justin Theroux in die geheim getrou het, of binnekort gaan trou.

Maar gelukkig het Jennifer al geleer om sulke gerugte met humor en ’n knippie sout te vat.

Toe sy oor die nuutse gerug, dat sy en Justin binnekort in die geheim gaan trou, gevra is, het sy net gelag.

In ’n onderhoud met Extra het sy gesê: “Het dit nie reeds gebeur nie?! Ek weet nie, ek het nog nie dié week gelees wat met ons aangaan nie, so ek moet eers gaan opsoek.”

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Toe die onderhoudvoerder vir haar sê dat hulle glo ’n surf-troue gaan hê, het sy geantwoord dat dit dalk nie die beste idee is nie, want sy surf nie eers nie.

Kyk na die onderhoud hier

Wat dink jy? Wanneer gaan Jennifer en Justin afhaak? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Bron: Hello!

Lus om te lag?

Enkellopend-wees is glad nie lekker nie – dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!