FOTO Instagram  @mrchrismcmillan

FOTO Instagram @mrchrismcmillan

Het jy gehoor?

Jennifer Aniston ster van nuwe Emirates-advertensie

Die bekende Hollywood-aktrise Jennifer Aniston wys sy kan jou binne 60 sekondes laat lag in Emirates se nuwe advertensie, berig Hello!

Die 46-jarige, wat ook die handelsmerk-ambassadeur van dié lugdiens is, is die perfekte vrou vir die werk omdat sy alewig rondrits. Haar man van die afgelope twee maande, Justin Theroux, het egter aan People vertel dat dit aaklig is om weg van sy eggenoot te wees.

Kyk hier na die video wat binne 24 uur reeds byna 500 000 keer gekyk is.

Jennifer is £3 miljoen, dit is meer as R60 miljoen(!), betaal om in die advertensie te verskyn.

Bronne: Hello! en People

Lees ook