FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Is Jennifer Aniston swanger?

Ons gunsteling-“Friend(s)”, Jennifer Aniston, is swanger! Wel, dis as jy die publikasies In Touch en Daily Mail wil glo.

Maar Jennifer se mediaverteenwoordiger, Stephen Huvane, moes weereens die gerugte smoor.

“Dis net weer ’n valse gerug. Jennifer is nie swanger nie,” het Huvane aan Page Six gesê, berig AU News.

In Touch het skelmfoto’s van Jennifer (47) en haar man, Justin Theroux (44), geneem. Die paartjie, wat sedert 2015 getroud is, het in die Bahamas vakansie gehou. In ’n stywe bikini het Jennifer op die strand baljaar, en volgens hulle het haar magie effens uitgestaan.

in-touch-jen-aniston-not-pregnant-zoom-ab99e865-05ab-495c-8a19-3727cf7f3d5e (1)

Huvane het gesê dis verkeerd van ’n publikasie om valse gerugte te publiseer, berig ET Online.

Nou ja, moenie alles glo wat jy lees nie!

Lees nou

Kim K se goedkoop produk vir mooi vel

Seal praat Afrikaans!