Het jy gehoor?

Jennifer Aniston weer brunet vir nuwe fliek

Sy’s terug in die rol van die seksbehepte tandarts in die opvolg van die lokettreffer Horrible Bosses. En hiervoor is Jennifer Aniston ’n donkerkop.

Jennifer het weer haar blonde lokke verruil vir ’n bruin kapsel – maar darem nie permanent nie. Dit is net vir haar rol in dié fliek, maar ons hou nogal van Jennifer met haar donker hare.

VIDEOGREEP: Youtube

VIDEOGREEP: Youtube

Jennifer, wat van nature ’n brunet is, dra haar hare meestal blond of met ligte strepies.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Maar as ons aan Jennifer en haarstyle dink, is daar een wat ons altyd gaan onthou. Daardie ikoniese Rachel-haarstyl uit haar Friends-dae.

Kyk HIER na Jennifer se haarstyle deur die jare.

Bron: Daily Mail

Lees ook