FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Lawrence google soms haarself

Die Oscar-bekroonde aktrise Jennifer Lawrence was verlede jaar een van die mees gesoekte bekendes op Google. Hello! berig sy het ook al haar eie naam in dié soekenjin ingetik om te sien wat die publiek van haar dink. 

Maar hoekom sal die hoogs betaalde aktrise ter wêreld haar aan ander se opinies steur? Jennifer vertel toe sy 22 was, het sy “Jennifer Lawrence lelik” gegoogle. Daar het natuurlik ’n brokkie of twee opgekom. Al weet sy dis ’n mors van tyd om daaroor te tob, pla dit haar tog en sy gee wel om wat mense van haar dink.

Volgens People is daar darem lig aan die einde van die tonnel. Jennifer fokus nou op die belangrike dinge in die lewe, is net haarself en het wonderlike vriende wat haar ondersteun.

Bronne: Hello! en People

Lees ook