FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Lawrence kry ‘afgewaterde’ tatoeëermerk

Die 24 jarige Hunger Games-ster Jennifer Lawrence vertel dat die klein tatoeëermerk op haar hand foutief is, berig E!online.

Sy erken dat sy beter moes besin het voor sy dit gekry het.

Jennifer, ook bekend vir rolle in X-men en Silver Linings Playbook, vertel in ’n onderhoud met HitFix dat sy beplan het om die chemiese simbool vir water (H2O) te kry.

Sy het by haar mede-ster in Hunger Games, Liam Hemsworth, se familie gekuier en hulle almal het besluit om tatoes te kry. “Ek het op die ingewing van die oomblik op H2O besluit sodat ek kan onthou om baie water te drink,” vertel sy.

Jennifer het ongelukkig te laat besef dat die chemiese simbool vir water verkeerd geskryf is. “Die ‘2’ moes laer gewees het,” sê Jennifer “ek moes dit seker eers gegoogle het,” het sy met haar goeie sin vir humor gesê.

Jennifer vertel ook dat die tatoeëermerk se kleur ligbruin is sodat dit soos ‘n roof moet lyk. “Dit is nou ’n afgewaterde tatoëermerk,” sê sy.”

Klier hier om dié tatoeëermerk te sien.

Bronne E!online en HitFix

Lees nou