FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jennifer Lawrence se rok – JA of NEE. PLUS: wat sê sy oor haar lyf

Die volgende fliek in die Hunger Games-reeks is gister bekend gestel en die ster van dié fliek, die Oscar-bekroonde Jennifer Lawrence, het ’n baie interessante rok vir die geleentheid gekies.

Catching Fire is die volgende film in die Hunger Games-reeks wat Jennifer Lawrence bekend gemaak het. Sy speel in dié fliek saam met Josh Hutcherson  en Liam Hemsworth, wat aan Miley Cyrus verloof was.

FOTO: Instagram

Liam, Jennifer en Josh FOTO: Instagram

Jennifer het ’n rok van Dior gekies met blinkertjies op net ’n deel van die rok. Sy het onlangs haar hare geknip en het haar kort kapsel agteroor gedra vir ’n moderne voorkoms, soos wat prinses Charlene dikwels doen.

Stap-vir-stap: Omskep jou kort hare só

Nou kan jy jou mening gee – is Jennifer se rok ’n treffer of n flop?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

 

Jennifer se lyf

Jennifer het onlangs gesê dat sy weier om ’n dieet te volg, al het fliekregisseurs vir haar in die verlede gesê dat sy moet. (Lees meer hier.)

Jennifer, wat voor die eerste Hunger Games-film verlede jaar ’n tawwe oefenprogram moes volg om in die aksie- en die boogskiet-tonele te kon speel, het erken dié keer het sy dit rustiger geneem.

“Gedurende die verfilming het ek báie geëet. Ek het vir myself gesê om minder te eet omdat ’n fliek vir ewig ’n bewys is van hoe jy op ’n sekere stadium gelyk het. Maar ek kon nie ‘nee’ sê vir lekkers nie!” het sy aan InStyle vertel. Sy, soos baie van ons, sukkel om gemotiveerd te word om oefening te doen.

Jennifer by vanjaar se Oscars FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer by vanjaar se Oscars FOTO: Gallo Images / Getty Images

Alhoewel Jennifer nie meer so slank is soos vroeër vanjaar by die Oscars nie (foto bo), is sy beslis nie “vet” soos wat sekere skinderblaaie berig nie.

Jennifer het op die rooi tapyt gesê sy hou daarvan om sterk vroulike karakters te speel wat nie op hul voorkoms getakseer word nie, soos die karakter wat sy in die Hunger Games-films speel. “Daar is nie baie rolle waarin die vrou die held kan speel nie … Ek dink Katniss (haar karakter in dié film) is ’n goeie rolmodel. Sy is sterk en nie bang om op te staan vir wat sy glo nie.

Kyk hier na die lokprent van Hunger Games: Catching Fire:

Bronne: InStyle, iDesign Times,

  • Charmaine Knoetze Vd Merwe

    Nee