Het jy gehoor?

Jennifer Lopez (44) se indrukwekkende bikini-lyf

Jy sal nie raai JLo is ’n ma van twee as jy na haar maagspiere kyk nie!

Dié 44-jarige sangeres en aktrise het haar indrukwekkende bikini-lyf op Twitter gewys. Haar vriendin, die aktrise Leah Remini, het dié foto van Jennifer met ’n groot strooihoed en sonbril geneem.

Jennifer sê sy het haar swangerskapgewig danksy ’n vegan-dieet afgeskud. Sy is die trotse ma van die 6-jarige tweeling, Mac en Emme. Jennifer verjaar Donderdag en word 45 jaar oud.

Die wêreld se oë was op Jennifer, en haar bekende lyf, toe sy by die opening van die Fifa-wêreldbeker-sokkertoernooi in ’n groen eenstuk opgetree het.

FOTO: Elsa/Getty Images vir Sony

FOTO: Elsa/Getty Images vir Sony

Nóg oor Jennifer Lopez op SARIE.com