jen
Het jy gehoor?

Jennifer Lopez: ‘Ek was dakloos as tiener’

Dié 43-jarige superster sê sy moes as 18-jarige op ‘n dansateljee se bank slaap nadat sy en haar ma, Guadalupe Rodriguez, erg baklei het oor haar beroepskeuses.

Ek en my ma het koppe gestamp. Ek wou nie ná skool verder studeer nie, ek wou voltyds dans.

Jennifer was nie lank dakloos voordat sy haar eerste professionele danswerk gekry het nie. Binne ‘n jaar het sy as danser naam gemaak en na Los Angeles getrek. Maar by die Hollywood-leefstyl het dié New Yorker moeilik aangepas. “Ek hou nou van Los Angeles, maar ek kry nie die krag en inspirasie by LA soos wat ek van die Bronx ['n buurt in New York] gekry het nie.” Vandaar ook haar lied “Jenny from the Block”.

VIDEO: Só hou Jennifer Lopez haar lyf

FOTO: Jennifer Lopez se tweeling: Die jongste gesiggies van Gucci!

Die Grammy-wenner is nou die ma van die tweeling, Max en Emme. “Ek wil vir hulle leer om hard te werk. Ek het na my ouers gekyk wat hard gewerk het en daarom het ek op ‘n vroeë ouderdom natuurlike dissipline gehad.”

Tydens haar dansloopbaan het sy ook begin sing (sy het 8 albums agter haar naam) en toneelspeel (sy het al in meer as 30 films gespeel). Deesdae is sy ook ‘n mode-ontwerper en ‘n vervaardiger van televisieprogramme.

Bykomende bron: Daily Mail