Het jy gehoor?

JLo: ‘Ek was trots op my magie ná my swangerskap’

Sy dra uitrustings waarvan die meeste vroue nooit sal droom om te dra nie, maar Jennifer Lopez erken dat daar ‘n tyd in haar lewe was dat sy bly was dat sy nie ‘n vietse figuur gehad het nie.

“Toe ek swanger geraak het, het ek my maag en boude sien groei en gedink: Ek gaan nooit weer dieselfde wees nie. Ná die tweeling se geboorte het ek ‘n vreemde vet magie gehad – maar ek het daarvan gehou. Ek het daardie maag verdien,” het die sangeres aan The Sunday Telegraph gesê.

Jennifer Lopez

Jennifer, wat volgende maand haar 44ste verjaardag vier, het tydens haar swangerskap met Max en Emme ongeveer 23 kg aangesit. Dit het omtrent ‘n jaar geneem om haar figuur weer terug te kry.  

Die sangeres se lyf is te danke aan die bekende persoonlike afrigter van die sterre, Tracy Anderson. Tracy is ook verantwoordelik vir die lywe van Gwyneth Paltrow, Nicole Richie, Kim Kardashian, Madonna, Gisele Bündchen, Sarah Jessica Parker, Molly Sims, Beyoncé, Kate Hudson, Shakira en Cameron Diaz.